On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Landbou-potgooi: Mielievoorrade vir 2018/19 beter as verwag

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:09 Thu, 27 Jun 2019

Landbou-potgooi: Mielievoorrade vir 2018/19 beter as verwag | News Article

Suid-Afrika se mielievoorrade vir die 2018/19 produksieseisoen sien beter daarna uit as wat aanvanklik verwag is.

In Januarie vanjaar was die prentjie minder rooskleurig weens droogtetoestande en laat reën, wat daartoe bygedra het dat minder somergewasse, hoofsaaklik mielies, aangeplant is. Wandile Sihlobo van die Landboubesigheidskamer, Agbiz, sê dit is gerusstellend dat die Nasionale Oeskomitee se vyfde produksieskatting vir kommersiële mielies  van verlede maand wesenlik onveranderd gelaat is.  

EN

Cornie Swart, president van Agri Wes-Kaap, sê dat produsente in dié provinsie klaar is met hulle koringaanplantings dié seisoen. Hy sê daar was egter groot kommer dat ontkieming nie gaan plaasvind nie, weens laat reën in sekere gebiede. 

Hy sê daarmee saam bereik koue fronte, wat uit 'n suidwestelike rigting inbeweeg, nou dié provinsie en beweeg nie meer deur 'n hoogdrukstelsel op die see weg nie. Opvolgreën is egter nou noodsaaklik. 

EN

Die tyd het aangebreek dat die wêreld,en meer spesifiek die Suid-Afrikaanse jeug, met betrekking tot die landboubedryf in lyn met verandering kom. Hulle moet op hoogte wees van onder meer navorsing en die vervaardiging van masjinerie in dié bedryf. Innovasie is belangrik. 

Dit is volgens Lerato Matsunyane van die Landbounavorsingsraad wat op die Noordwes departement van landbou se jeugbyeenkoms in Klerksdorp 'n uitstaller was. Sy sê daar is geleenthede vir jongmense in die bedryf, veral ten opsigte van die vierde industriële revolusie wat die bedryf kan bevorder.    

Die LUR van landbou in Noordwes, Desbo Mohono, het jongmense op dié geleentheid, wat oor twee dae plaasgevind het, toegespreek en gesê dit is tyd dat die jeug moet opstaan en in die bedryf betrokke moet raak.   Gesprekvoering oor ekonomiese vryheid moet bevorder word. 

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.