On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: NW-man hoop vir plaasgeweld-bewustheid in VSA

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:49 Mon, 01 Jul 2019

Landbounuus-podcast: NW-man hoop vir plaasgeweld-bewustheid in VSA | News Article
Image: Supplied

'n Potchefstroomse prokureur het 'n projek van stapel gestuur wat daarop gemik is om bewustheid - veral op Amerikaanse regeringsvlak - te skep rondom moorde en aanvalle op plase, kleinhoewes en plattelandse dorpe.


"Project Survivor South Africa" is Willie Jordaan se breinkind en is goed op dreef. Jordaan sê dit het ten doel om Amerikaanse regeringslui en uiteindelik president Donald Trump bewus te maak van die situasie in Suid-Afrika sodat hulle plaaslik kan ingryp ingevolge Amerikaanse wetgewing. Jordaan sê dit is duidelik dat Amerikaners nie bewus is van die werklike situasie in Suid-Afrika nie en daarom het hy met Tammy Koelling, 'n ondersoekende Amerikaanse joernalis en die uitvoerende hoof van Words Matter Publishing, geskakel. Plaaslike video-opnames van Suid-Afrikaners, wat slagoffers van dié aanvalle insluit, gaan nou deur Koelling in Amerika versprei word en op televisie uitgesaai word. 'n Amerikaanse webtuiste word ontwikkel waar Suid-Afrikaners hul videos kan plaas. Vir meer inligting besoek die Facebookblad, Willie Jordaan Attorneys/Prokureurs.

EN

Bibberweer wat Maandag oor 'n groot deel van die sentrale binneland voorkom, is van korte duur. 'n Senior voorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, Tonie Rossouw, sê die daling in temperature is weens 'n frontale stelsel wat deur die binneland beweeg en in 'n oostelike rigting uitbrei. Hy sê aansienlike kouer toestande kom vandag voor met 'n daling van meer as 10 grade Celsius in die sentrale deel van die land. Rossouw sê koue minimum temperature kan egter nog soggens, veral Dinsdag en Woensdag, voorkom. Volgens hom word sonnige toestande vir die res van die week voorspel met nog 'n frontale stelsel wat vroeg volgende week verwag word en daartoe kan bydra dat die kwik verder daal.



OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.