On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Storting van goedkoper ingevoerde landbouprodukte 'n uitdaging

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:58 Thu, 11 Jul 2019

Landbounuus-podcast: Storting van goedkoper ingevoerde landbouprodukte 'n uitdaging | News Article
LUR van Landbou en Landelike Ontwikkeling in die Vrystaat, William Bulwane

Die storting van goedkoper ingevoerde landbouprodukte, wat boere en landboubesighede knou, is 'n kritiese uitdaging wat dringende ingryping benodig.


Dit is volgens die LUR van Landbou en Landelike Ontwikkeling in die Vrystaat, William Bulwane, wat Woensdag sy begrotingsrede in Bloemfontein gelewer is. Bulwane sê dit verhoed boere om hul produkte teen winsgewende pryse plaaslik te verkoop. Bulwane het verder gesê die provinsie se padinfrastruktuur is nog 'n uitdaging en daar sal nou saamgewerk word met betrokkenes om dit te verbeter. Bulwane het voorts verwys na aanvalle op boere en hul plaaswerkers asook ander mense wat op plase en kleinhoewes bly, wat steeds 'n kritiese uitdaging is. Noue samewerking met betrokkenes in dié verband is ook nodig om 'n veilige omgewing vir gemeenskappe te verseker.

Die DA in die Vrystaat is bekommerd oor ramphulp en die beskikbaarheid van regeringsfondse daarvoor. 'n DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse wetgewer, Roy Jankielsohn, sê die Departement van Landbou en Landelike ontwikkeling in dié provinsie het geld van die regering ontvang vir dié doeleindes, maar dit is elders aangewend. Jankielsohn sê die nuwe LUR van landbou, William Bulwane, het in sy begrotingsrede in die Vrystaatse Wetgewer vandeesweek niks nuuts opgelewer nie. Volgens hom het Bulwane slegs uitgebrei oor die departement se bestaande plan vir landbou. 'n Groot sny van sy begrotingskoek gaan na administrasie, met meer as R176,8 miljoen wat daarvoor toegeken is. Jankielsohn sê dit is té veel.

EN

EN ...'n Staatmaker Noord-Kaapse boervrou wat dood is in 'n ongeluk toe 'n koedoe haar bakkie se kajuit getref het, was 'n geliefde familielid. Mia van Reenen, die uitvoerende hoof van Beefmaster, Louw van Reenen se vrou, het Vrydag van haar plaas by Groblershoop na Kimberley gery, waar sy saam met haar gesin woon. Haar swaer, Roelie van Reenen, die hoof van die verskaffingsketting van Beefmaster, sê sy was 'n uitstekende eggenoot en ma vir haar kinders. Sy was ook 'n goeie vriend vir baie mense. Van Reenen sê Mia se begrafnisdiens is Saterdag omstreeks 11:00 vanuit die NG kerk Diamantveld in Kimberley, en gaan 'n viering van haar lewe wees.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.