On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Vier plaasmoord verdagtes bly in aanhouding

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:43 Fri, 19 Jul 2019

Landbounuus-podcast: Vier plaasmoord verdagtes bly in aanhouding | News Article

Vier verdagtes wat in verband met die moord op Sakkie en Ina van der Berg in hul plaashuis buite Boshof in die Vrystaat in hegtenis geneem is, bly in aanhouding en sal eerskomende Donderdag en Vrydag in die Boshof-distrikhof aansoek om borgtog doen.


Dit kom nadat Daniel Tsekiso Selwane, Johannes Sekgoro, Kat Terrance Thami en Sidsie Daniel Lephele Donderdag vlugting in die hof op aanklagte van moord, die besit van ongelisensieërede vuurwapens, roof met die opset om ernstig te beseer, diefstal van 'n voertuig, verskyn het. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê 'n vyfde verdagte wat in hegtenis geneem is, is intussen vrygelaat, omdat hy nie met die voorval verbind kon word nie. Mbambo sê die egpaar is meer as 'n week gelede wreed op die plaas Bloubos vermoor.  

Daarmee saam het nog 'n moord op 'n plaas in die Mafube plaaslike munisipale gebied, by Frankfort Donderdag plaasgevind. 'n Opkomende boer het 'n wrede mesdood gesterf. Die polisie kommissaris in die Vrystaat, Moeketsi Sempe het in 'n media-inligtingsessie by die Glen-landboukollege buite Bloemfontein Vrydag gesê beeste is tydens dié aanval gesteel. Die diere is egter later teruggevind. 'n Verdagte is in hegtenis geneem, nadat inligting van 'n veewagter ontvang en opgevolg is.  

Die Vrystaatse Departement van Polisie, Paaie en Vervoer het 48 polisievoertuie beskikbaar gestel om probleme met betrekking tot landelike veiligheid in die provinsie aan te spreek. Dit kom nadat plaasmoorde en-aanvalle, en veediefstal toeneem in die Vrystaat. Daarmee saam is 'n bejaarde egpaar, Sakkie en Ina van der Berg op 'n plaas naby Boshoff vermoor.  Sam Mashinini, LUR van polisie, sê hy gaan hom daarop toespits om mense in die provinsie se veiligheid veral in landelike gebiede te verseker. Hy het gesê polisiebeamptes het voldoende hulpbronne nodig om hul pligte uit te voer. Daarmee saam het Mashinini  gesê die verhoudinge met hul eweknieë in Lesotho sal verstewig word, omdat gesteelde goedere en vee van Suid-Afrikaanse plase na Lesotho gesmokkel word.

EN

Provinsiale polisie in die Noord-Kaap en die Kimberley-polisiekantoor reik uit na minderbevoorregtes, insluitende boerderygemeenskappe, as deel van 'n kombersprojek. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die 'Keep Me Warm and Safe'-kombersinitiatief in samewerking met ander belanghebbendes het reeds in 2011 begin. Daar is al 32 000 komberse ingesamel en sedertdien  versprei.  Polisielede het ook die afgelope paar weke bymekaargekom en meer as 120 komberse ingesamel om in behoeftige gemeenskappe te versprei.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.