On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Landbou en tradisionele leiers werk saam

───   11:53 Thu, 01 Aug 2019

Landbounuus-podcast: Landbou en tradisionele leiers werk saam | News Article

Georganiseerde landbou en tradisionele leiers in die Oos-Kaap het hulle daartoe verbind om saam te werk in 'n poging om landbou te ontwikkel as 'n middel tot volhoubare grondhervorming in die provinsie.


Dit was die uitkoms op Agri Oos-Kaap se jaarkongres wat Woensdag in Jeffreysbaai plaasgevind het. Altesaam 128 kongresafgevaardigdes was eenparig ten gunste daarvan om groot stukke onproduktiewe grond in die Alfred Nzo-distrik te ontwikkel. Dit is een van die armste gebiede in die land. Dough Stern, president van Agri Oos-Kaap, het aan kongresgangers gesê dít is die grooste ekonomiese inisiatief wat nog in dié provinsie begin is. Volgens hom is sleutelprojekte gereed vir implementering binne 90 dae, maar dit is egter onderhewig aan finansiering.  

Die parlementêre portefeulje- en geselekteerde komitees het 43 Twitter-rekeninge geopen om aan Suid-Afrikaanse gemeenskappe die geleentheid te gee om interaktief op te tree. Volgens die komitees van die Nasionale Vergadering (NA) en die Nasionale Raad van Provinsies (NCOP) sal dié Twitter-rekeninge lede van die publiek in staat stel om deel te neem aan die kwessies waarmee komitees handel. Hulle gaan op uitnodigings vir openbare kommentaar kan reageer, skriftelike terugvoer gee vir wetsontwerpe of enige aangeleenthede wat voor die komitees is. Die rekeninge kan ook gebruik word om vertoë of aanbevelings te maak aan die komitees oor wetsontwerpe of enige ander aangeleenthede. Die Twitterhandvatsel vir die gesamentlike grondwetlike hersieningskomitee wat die beplande Grondwetwysigings oor grondonteiening hanteer, is @JointCRC.

EN

Die varsproduktebemarkingsvereniging, PMA, se Fresh Connections-konferensie en -handelskou vir Suider-Afrika het vanjaar op innovasie gefokus. Dié geleentheid is vandeesweek in Kaapstad deur plaaslike en internasionale belanghebbendes bygewoon. Farmer's Weekly se redakteur, Denine Erasmus, het aan OFM-nuus gesê dat een van die sprekers, Jorg Snoeck van België, wat die boek Future of Shopping geskryf het, op die tweede dag gepraat het oor toekomstige tendense rakende faktore wat verbruikers se aankope gaan beïnvloed.  



OFM-nuus/Christal-Lize Muller

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.