On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: VS boere gemaan om buite die boks te dink

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:20 Wed, 07 Aug 2019

Landbounuus-podcast: VS boere gemaan om buite die boks te dink | News Article

Boere moet hulself afvra hoe hulle hulself as enkelinge kan posisioneer om voort te gaan om suksesvol te wees.


Elkeen is verantwoordelik daarvoor om sy eie keuses te maak en op grondvlak, asook deur in hul gemeenskappe betrokke te raak. Dit was die boodskap van Vrystaat Landbou (VL) se president, Francois Wilken, op die organisasie se jaarkongres wat onderweg is buite Bloemfontein.

EN

Die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie (SAVPO) het bevestig dat daar geen uitbreking van die hepatitis E-virus onder varke in die land is nie. Johann Kotzé, uitvoerende hoof van die organisasie, sê daar word deur die media berig dat daar twee voorvalle in Kaapstad in 'n verspreidingsnetwerk aangemeld is. Kotzé sê egter dit is onwaar en dié inligting is geskoei op 'n navorsingstuk van 2014 waarin hepatitis E in twee lewersmere opgespoor is. Hy sê 'n mediahuis saai onnodig paniek in die bedryf, en beklemtoon opnuut daar is geen uitbreking van dié virus nie.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.