On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Wolbedryf in SA 'het 'n toekoms'

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:43 Tue, 13 Aug 2019

Landbounuus-podcast: Wolbedryf in SA 'het 'n toekoms' | News Article

Die wolbedryf het 'n toekoms in Suid-Afrika ondanks verskeie uitdagings die afgelope jaar.


'n Vooraanstaande Suid-Vrystaatse merinostoetboer van Heuningkrans Merino's by Smithfield, Eddie Prinsloo, meen die bedryf het 'n laagtepunt bedreik weens China sy verbod op die uitvoer van Suid-Afrikaanse wol na dié land. Dit het plaasgevind nadat bek-en-klouseer in Limpopo uitgebreek het. Die Chinese mark is egter intussen weer oopgestel vir die uitvoer van Suid-Afrikaanse wol. Prinsloo, is hoopvol oor die bedryf ondanks 'n 15% verlaging in die prys van wol sedert die begin van die seisoen en die feit dat die Suid-Afrikaanse Wol en Bokhaarkopersverniging, SAWAMBA, onlangs ontrek het aan die plaaslike nasionale wolveiling. Dié veiling sou  vandeesweek weer begin het.  

EN

Daar is nie goeie vooruitsigte vir Zimbabwe se mielie-opbrengs nie as gevolg van die droogte wat aanplantings aan die begin van die 2019-seisoen vertraag het. Dis volgens Wandile Sihlobo van die Agricultural Business Chamber, of Agbiz. Toe die reën wel gekom het, was dit in die vorm van Sikloon Idai, wat aan die begin van die jaar nog meer verwoesting gesaai het in die Zimbabwiese landbou-sektor. Die impak van ongunstige weerstoestande word weerspieël in die swak mielie-oes, wat na raming hierdie jaar slegs 800 000 ton is, 'n volle 53% minder as die vorige jaar. Sihlobo meen die swaarkry en die breër, ekonomiese impak van Zimbabwe se ongure weer word regdeur die land gevoel. Agbiz het vroeër aangedui dat Zimbabwe ongeveer 'n miljoen ton mielies sal moet invoer om aan sy jaarlikse behoeftes te voorsien. Sihlobo sê daar was ook vrese onder sekere geledere dat Zimbabwe se mielie-tekort nog verdere druk op Suid-Afrika se landbou-sektor kan plaas.



OFM-nuus/Vernon Baumann

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.