On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Renosterhoringhandel-voorstel sal SA raak

───   10:43 Tue, 27 Aug 2019

Landbounuus-podcast:  Renosterhoringhandel-voorstel sal SA raak | News Article

Dit gaan 'n groot slag vir Suid-Afrikaanse renoster-eienaars wees indien die Konvensie op die Internasionale Handel in Bedreigde Spesies (Cites) nie die voorgestelde handel in renosterhoring goedkeur nie.


Hennie Butler, van die Departement Dierkunde en Entomologie by die Universiteit van die Vrystaat (UV), meen plaaslike renostereienaars gaan geraak word, omdat sowat 50% van dié bedreigde spesie se Suid-Afrikaanse bevolking in private besit is. Butler was Maandag 'n gasspreker by 'n UV-bespreking oor die opheffing van dié verbod. Cites sal na verwagting vandag daaroor besluit. Volgens Butler is Suid-Afrika ten gunste van die wettige handel in renosterhoring ter ondersteuning van private renostereienaars wat groot uitgawes het. Hy meen die wêreld se grootste renosterboer, John Hume, se bedryfskoste beloop jaarliks sowat R60 miljoen. Butler meen sonder wettige handel gaan boere nie tot renosterbewaring en biodiversiteit kan bydra nie.

Plaaslike bestaande konynboerderye is op dreef met kommersiële produksie van vleis wat op die uitvoermark na China en Suid-Afrika se buurlande gemik is. Konyne se pels word ook in die mode-industrie en die vervaardiging van leerprodukte benut. Dawie Maree, hoof van landbou-inligting en bemarking by FNB, sê hoewel die plaaslike verbruik van konynvleis - wat baie gesond is en 'n hoë proteïenkonsentrasie en lae kalorieë bevat - nie so hoog soos die verbruik in Europa is nie, vind produksie plaaslik wel plaas. Maree sê dié tipe boerdery is boonop ideaal vir kleinskaalse boere weens onder meer die vinnige produksieproses en die feit dat dit 'n minder kapitaalintensiewe belegging is. China is die grootste produsent en verbruiker van konynvleis en maak ongeveer 60% van die wêreldproduksie uit. Die bedryf het sedert 2013 verdubbel en daar is hoë plaaslike verbruik.

EN

Die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) sal na verwagting vandag die produksieskatting vir die 2019/20 wintergewasse, naamlik koring, gort en kanola, bekend maak. Die landbousakekamer, Agbiz, se Wandile Sihlobo sê die voorlopige skatting vir hektare onder koring verlede maand was 536 000 hektaar. Daarmee saam kan die land se voorlopige koringproduksie, teen 'n gemiddelde opbrengs van 3,45 ton per hektaar, sowat 1,8 miljoen ton wees. Volgens hom is dit ietwat laer as die vorige seisoen se skatting, ondanks die toename in aanplantings.



OFM-nuus/Christal-Lize Muller en Vernon Baumann

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.