On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Handel in renosterhorings die toekoms van bewaring

───   15:50 Tue, 27 Aug 2019

Landbounuus-podcast: Handel in renosterhorings die toekoms van bewaring  | News Article

Die opheffing van die verbod op die handel van renosterhorings sal die toekoms van renosterbewaring in Suid-Afrika verseker, mits die renosterbevolking in Indonesië eers beveilig kan word.


Dit is volgens Willem Daffue, 'n veearts van Kroonstad in die Vrystaat, wat Maandag gepraat het by 'n bespreking by die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Bloemfontein-kampus oor die wettige handel in renosterhoring. Die verhouding tussen Suid-Afrika en Indonesië in terme van renosterbewaring het onder die loep gekom. Daffue sê Suid-Afrika ondersteun wettige handel omdat die grootste deel van sy renosterbevolking in private besit is, en wettige handel kan bewaring in die land geldelik ondersteun. Hy waarsku egter Suid-Afrika sal vinnig moet optree om dié bedreigde spesie van uitwissing te red. Daarmee saam moet alles in die stryd gewerp word om te verhoed dat Suid-Afrika afstuur op dieselfde situasie as in Indonesië, waar die Java- en Sumatra-renosterspesies die mees bedreigde in die wêreld is. Rudi Putra, 'n bioloog van Indonesië, het ook dié bespreking bygewoon en sê dié land is egter gekant teen die opheffing van die verbod op die wettige handel in renosterhoring.

Opkomende boere se beesboerderye het die potensiaal om werkgeleenthede in Suid-Afrika te skep. Nomalungelo Gina, adjunkminister van handel en nywerheid, meen daar is 'n groot mark en werksgeleenthede in die beesbedryf se waardeketting. Dié geleenthede moet egter benut word. Gina het Maandag op 'n Uthukela Beef waardeketting-werksessie in Estcourt, KwaZulu-Natal, gesê, hulpbronne moet tot voordeel van opkomende boere gebruik word, terwyl markte geïdentifiseer moet word vir diegene wat gereed is om uit te voer. Die werksessie het daarop gefokus om opkomende boere te bevorder sodat hulle deel kan vorm van die hele waardeketting wat voerkrale, abattoirs, en vleisverwerkingsaanlegte insluit. Boere wat die werksessie bygewoon het, het die regering se adviserende rol veral in terme van navorsing beklemtoon, juis omdat hulle nie toegang daartoe het nie. Kwessies rakende droogtehulp is ook deur die boere uitgelig.

EN

Die tyd het aangebreek vir die regering om kleinboere aan te spoor in die vorm van 'n tipe vergoeding om die verspreiding van veesiektes in Suid-Afrika te verminder. Só meen Wandile Sihlobo, hoof van besigheidsnavorsing by die Landbousakekamer, Agbiz, nadat daar 14 uitbrekings van Afrika-varkpes onder huishoudelike varke in verskeie gebiede in Noordwes, Mpumalanaga, Gauteng en die Vrystaat sedert April vanjaar voorgekom het. Sihlobo sê al het die landboudepartement dié gebiede onder kwarantyn geplaas en die beweging van varke gemonitor het, deur 'n verbod op veilings te plaas, is daar steeds kommer dat boere voortgaan om handel te dryf. Hy sê dit kan lei tot die verdere verspreiding van dié siekte en daarom moet die regering die moontlikheid oorweeg om boere aan te spoor om dit te verhoed.



OFM-nuus/Christal-Lize Muller en Vernon Baumann

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.