On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Jansen herkies as president van Agri Noord-Kaap

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:26 Thu, 29 Aug 2019

Landbounuus-podcast: Jansen herkies as president van Agri Noord-Kaap | News Article
Nicol Jansen/Agri SA

Nicol Jansen is op Agri Noord-Kaap in Kimberley herkies as president van dié organisasie.


Die droogtesituasie in die provinsie het op die kongres onder die loep gekom en volgens Jansen beraam die landboudepartement dat meer as R420 miljoen benodig word vir rampdroogtehulp. Die regering op nasionale en provinisiale vlak sloer egter in die verband.

Steeds by Agri Noord-Kaap se kongres ....Droogtetoestande in die Noord-Kaap gaan toeneem, veral as die geprojekteerde afname in reënval vir dié provinsie in die volgende paar dekades in ag geneem word. Dit is volgens Dewald van Niekerk, hoof van die Afrika Sentrum vir Rampstudies aan Noordwes-Universiteit (NWU), wat meen die feit dat hittetoestande die afgelope drie jaar rekordvlakke bereik het, gekoppel aan die geprojekteerde afname in reënval, kom daarop neer dat Suid-Afrika en die Noord-Kaap spesifiek, ‘n nuwe era binnegaan wat uiteindelik onvolhoubaar gaan wees. Van Niekerk meen ons gedrag het die natuurlike siklusse tot so ‘n mate verander dat dit nou geologies sigbaar geword het. Maar daar is hoop. Hy meen beter kommunikasie tussen boere en die regering, asook die samestelling van beter begrotings vir rampverligting, kan die impak van ramptoestande versag.

EN

Daarmee saam sê die voorsitter van die Williston-landbouvereniging, Brand du Toit, sowat 180 boere in dié droogtegeteisterde distrik, wat nou vir die sewende jaar droogtetoestande ervaar, maak nou hoofsaaklik staat op veevoerskenkings. Du Toit het aan OFM-nuus op Agri Noord-Kaap se kongres in Kimberley gesê die situasie is kritiek met enkele boere wat in die afgelope jaar slegs 10mm reën gehad het. Volgens hom het boere slegs 'n derde van hul kernkudde oor, daar is geen natuurlike weiding beskikbaar nie en boere kan nie bekostig om veevoer vir die oorblywende diere aan te koop nie. Hy sê boere is in elke opsig dankbaar vir skenkings. Du Toit sê boere in die gebied ontvang Vrydag 'n groot skenking van veevoerpille.




OFM-nuus



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.