Agriculture
Landbounuus-podcast: Agri NK vra banke om droogtehulp─── CHRISTAL-LIZE MULLER 11:50 Fri, 30 Aug 2019
Agri Noord-Kaap, in samewerking met Agri SA, se versoek aan kommersiële banke om grondeienaars wat weens rampdroogte geldelik in die knyp is tegemoet te kom, het in sekere gevalle 'n goeie uitkoms gehad.
Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, sê daar is al verlede jaar in November begin om verskeie banke te nader nadat 'n opgestelde lys in dié provinsie getoon het daar is boere wat nie hul bankpaaiement kan betaal nie. Janse sê daar is banke wat aan boord is, maar die Landbank is steeds 'n uitdaging.
'n Vrystaatse vrou wat op 'n beesplaas in Viljoenskroon werk, het dié provinsie se naam op die departement van landbou se nasionale eerbewysgeleentheid vir vroue-entrepreneurs hoog gehou. Katrina Nxangani was die wenner in die afdeling vir die beste plaaswerker. Die 44-jarige Nxangani werk al die afgelope 23 jaar op die Allem Brothers-maatskappy se beesplaas, Vlakpan. Sy is gaande oor die beeskudde en die verantwoordelikheid wat op haar rus om na die diere om te sien. Die top entrepreneur-eerbewys vir 'n kommersiële boerdery het aan Mmathoko Mabula van Limpopo gegaan, terwyl die Wes-Kaap se Daphne Neethling die top entrepreneur vir prosessering was en Berene Damons die beste entrepreneur in uitvoermarkte was.
EN
Die DA in die Vrystaat veroordeel dieremishandeling en verwelkom die feit dat geregtigheid geskied het toe 'n Bloemfonteinse abattoirbestuurder vandeesweek op ses aanklagte van dieremishandeling in die streekhof skuldig bevind is. Dit kom nadat die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in 2018 klagte aanhangig gemaak het teen die 65-jarige Sebokwane Kalake, die bestuurder van die voormalige Thaba Nchu Abattoir. Dié slagplaas, wat nou bekend is as die Botshabelo Beef Cattle Breeders Company, word deur die staat bedryf. Die DBV het destyds 'n roetine-inspeksie by die plaas gedoen. 'n Bees met 'n gebreekte agterbeen, wat kragtens wetgewing onmiddellik geslag moes word, is in haglike omstandighede in 'n kleinerige kamp gekry. Daar was onder meer ook 27 varke van verskillede groottes en geslagte wat in 'n hok aangehou is en mekaar gebyt het. Die DA se Roy Jankielsohn sê die provinsiale regering moet nou aanspreeklik gehou word. Kalake is tot nege maande tronkstraf of 'n boete van R4 000 gevonnis.
OFM-nuus
