Agriculture
Landbounuus-podcast: Agri Noord-Kaap verbind tot positiewe bydrae─── CHRISTAL-LIZE MULLER 16:24 Fri, 30 Aug 2019
Agri Noord-Kaap gaan alles in die stryd werp om 'n positiewe bydrae in dié provinsie ten opsigte van grondhervorming te lewer.
Nicol Jansen, Agri Noord-Kaap se president het op dié organisasie se jaarkongres in Kimberley gesê in dié verband is die hoof prioriteit om ongunstige wetgewing teen te staan. Volgens Jansen wil Agri Noord-Kaap grondhervorming suksesvol en volhoubaar in dié provinsie toepas. Jansen het gesê volhoubare transformasie-projekte waarby die private sektor betrokke is, skep 'n gunstige geleentheid vir ekonomiese groei in die Noord-Kaap.
Suid-Afrika se beste vroue plaaswerker wat van die Vrystaat afkomstig is, se sukses lê in die feit dat sy toegewyd is en dit geniet om met beeste te werk. Die 44-jarige Katrina Nxangani werk al 23 jaar op die Allem Brothers-maatskappy se beesplaas, Vlakpan. Sy is Donderdag op die Department van Landbou, Bosbou en Visserye se nasionale eerbewysgeleentheid vir vroue-entrepreneurs in dié afdeling as die wenner gekroon. Nxangani het aan OFM-nuus gesê dit is vir haar 'n groot eer en sy is gaande oor die beeskudde waarna sy daagliks omsien. Nxangani sê haar harde werk is met dié eerbewys beloon. Sy hoop om in die toekoms haar eie plaas te besit en met beeste daarop te boer. Die top entrepreneur-eerbewys vir 'n kommersiële boerdery het aan Mmathoko Mabula van Limpopo gegaan, terwyl die Wes-Kaap se Daphne Neethling die top entrepreneur vir prosessering was en Berene Damons die beste entrepreneur in uitvoermarkte was.
EN
Daarmee saam het die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, op die departement se eerbewysgeleentheid vir vroue-entrepreneurs gesê dié wenners se harde werk en prestasies moet dien as aanmoediging vir ander vroue. Dié kompetisie is in 1999 in plek gestel deur die voormalige departement van landbou. Dit het ten doel om hulde te bring aan vroue vir die rol wat hulle speel om voedselsekerheid, armoedeverligting, werkskepping en ekenomiese groei in die landboubedryf te verseker.
OFM-nuus
