On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Mugabe se nalatenskap 'betreurenswaardig'

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:25 Fri, 06 Sep 2019

Landbounuus-podcast: Mugabe se nalatenskap 'betreurenswaardig' | News Article
Robert Mugabe

Die voormalige president van Zimbabwe, Robert Mugabe, se nalatenskap is betreurenswaardig, omdat hy sy land totaal verwoes het met sy marksistiese program van grondgrype.


Só meen Benny van Zyl, algemene bestuurder van die Transvaalse Landbou-unie, TLU SA, nadat Mugabe, in die ouderdom van 95 in 'n hospitaal in Singapoer dood is. Van Zyl meen Mugabe het daarin geslaag om een van die wêreld se voorste landbouproduserende lande op 'n marksistiese wyse na die afgrond te stuur. Hy sê sowat 4 500 boere het hul plase in die proses verloor, waarna dié land in geheel in duie gestort het. Volgens Van Zyl is daar lesse vir Suid-Afrika om te leer uit dié hele situasie, en Mugabe se nalatenskap. Mugabe wou aanvanklik 'n gewillige verkoper/koper-model in Zimbabwe instel, maar in 2000 het hy swart burgers aangemoedig om met grondgrype voort te gaan en op plase wat deur wit boere besit word toe te sak. Zimbabwe se landbouboubedryf en voedselproduksie het daarna in die slag gebly. Dit het gelei tot wydverspreide hongersnood en armoede in die land.

Die Suider-Afrika Agri-inisiatief (Saai) verwelkom die uitspraak van die Gautengse hooggeregshof, wat die Departement van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling nou dwing om 'n staatsplaas, wat vir lank aan 'n boer verhuur is, aan hom te verkoop. David Rakgase, ’n begunstigde van grondhervorming in Limpopo, wat vir die afgelope 27 jaar op die plaas Nooitgedacht naby Northam boer, wag al jare om dit te koop. Die hof het beslis die adjunk-direkteur-generaal van dié departement se besluit om nie die plaas te verkoop nie, moet tersyde gestel word. Saai se direksievoorsitter, Theo de Jager sê privaateiendomsreg is die sleutel tot investering, groei, welvaartskepping en werkskepping in die landboubedryf.

EN

Suid-Afrika se eerste wolveiling vir die 2019/20 seisoen het nie goed begin nie. Heinrich Victor, operasionele bestuurder van vesel by OVK, sê Cape Wools se wolaanwyser het teen 28,3% en met R5 837 punte laer verhandel as met die laaste veiling van die vorige seisoen. Hy sê dit het teen 'n skoonprys van R147, 70 per kg gesluit. Daarmee saam het die Australiese EMI met 27.4% gedaal. Die rand het ook vandeesweek teen 0,6% swakker verhandel.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.