On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Mugabe se nalatenskap moet betreur word - TLU SA

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:17 Fri, 06 Sep 2019

Landbounuus-podcast: Mugabe se nalatenskap moet betreur word - TLU SA | News Article
Robert Mugabe

Robert Mugabe, die voormalige president van Zimbabwe, se nalatenskap moet betreur word, omdat hy een van die beste landbouproduserende lande in die wêreld verwoes het.


Dit is volgens Benny van Zyl, algemene bestuurder van die Transvaalse Landbou-unie, TLU SA, nadat Mugabe, in die ouderdom van 95 in 'n hospitaal in Sigapoer dood is. Zimbabwe se president, Emmerson Mnangagwa het Mugabe se dood Vrydag bevestig. Die oorsaak van sy dood was nie onmiddellik bekend nie. Van Zyl meen Mugabe se program van grondgrype het dié land op 'n Marksistiese wyse die land op die afgrond gestuur. Daarmee saam het sowat 4 500 boere hul plase verloor, waarna Zimbabwe se ekonomie in duie gestort het. Van Zyl meen sodra grond oorgedra word, vind daar geen produksie daarop plaas nie, en die regering erken self dat 95% van dié grond uit produksie gaan omdat die ekonomiese beginsels nie toegepas word nie.  Die regering wil met 'n idiologie met 'n beleidsomgewing wat daaruit onsluit word, grondhervorming in Suid-Afrika aanspreek. Hy skryf die regering se benadering toe aan die nalatenskap van Mugabe.

Altesaam 17 uitbrekings van Afrika-varkpes (AVP) buite die beheerde gebiede in Noordwes, die Vrystaat, Mpumalanga, en Gauteng, het sedert April vanjaar voorgekom. Dié hoogs aansteeklike siekte van varke veroorsaak bloeding.  Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling se Reggie Ngcobo, sê produsente word opnuut gemaan om waaksaam te wees en om varkvrektes onmiddelik by staatsveartse aan te meld.  Daar is geen entstof om varke as voorkomingsmaatreël in te ent nie. Volgens Ngcobo is biosekuriteit die enigste voorkomingsmaatreël om AVP te voorkom. Produsente word genoop om slegs gesonde varke veral op veilings aan te koop, want mak varke kan dié siekte opdoen as hulle in aanraking met ander siek varke kom of rondbeweeg waar siek varke was. Kombuisafval, vullis en skottelgoed water, wat vleis van siek varke bevat, moet ook nie deur mak varke ingeneem word nie.

EN

Intussen sê die direkteur van veeartsenykundige dienste by die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling in die Vrystaat, Kristan Mojapelo, varke in die Heilbron-gebied, wat positief getoets het vir Afrika-varkpes(AVP),is van kant gemaak. Die regering het daarmee saam die eienaars van dié diere vergoed vir hul verlies.  Mojapelo sê veilings van varke in die Vrystaat word steeds nie toegelaat nie. Mojapelo doen 'n beroep veral op kleinboere om bewus te wees van die impak van (AVP) op kuddes. Die nasionale landboudepartement het onlangs 'n bewusmakingsveldtog in die Vrystaat in gebiede wat geraak word, gehou.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.