On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Agri SA gaan druk toepas sodat sy insette toegepas word

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:18 Tue, 10 Sep 2019

Landbounuus-podcast: Agri SA gaan druk toepas sodat sy insette toegepas word | News Article
Tommie Esterhuyse

Agri SA gaan volgehoue druk op alle vlakke toepas sodat sy insette wat gelewer is in die nuwe nasionale landelike strategie wat veediefstal betref tot op grondvlak toegepas word.


Dié strategie sal na verwagting volgende maand deur die polisie bekendgestel word. Agri SA se Sentrum vir Uitnemendheid se voorsitter van landelike veiligheid, Tommie Esterhuyse, sê veediefstal is 'n reuse probleem regoor die land, maar die situasie in die Vrystaat is baie ernstig. Hy sê daarmee saam word veediefstal as 'n georganiseerde misdaad beskou. Esterhuyse, wat ook die visepresident van Vrystaat Landbou (VL) is, sê van Agri SA se insette wat gelewer is in die nasionale landelike beveiligingstrategie sluit in georganiseerde polisieondersoeke na veediefstal.

Die nasionale Bonsmara-genootskap se algemene jaarvergadering en gewilde presidentsdinee vind vanjaar saam met 'n massa-uitstalling van beeste in Limpopo plaas. Die vereniging se Limpopo-streek is vanjaar die gasheer van die geleentheid. Willem Barnard, streeksverteenwoordiger en 'n raadslid van dié genootskap, sê daar is besluit om die bestaande program meer uit te brei. Barnard sê tussen 25 en 30 Brahman-telers van Limpopo gaan saam meer as 150 diere op die Bosveld Brahman-bonanza van 19 tot 21 September by die Castle de Wild by Modimolle vertoon word. Toegang is gratis.  

Daarmee saam sê Sitze Smit, rasdirekteur van Suid-Afrika se Brahman-telersgenootskap, die gewildheid van dié uitsonderlike beesvleisras neem in die land toe. Dié ras is veral prominent in Limpopo, maar daar is altesaam 380 telers van oor die land heen.

EN

Die eerste goeie lentereëns word eers teen die einde van vandeesmaand en selfs vroeg in Oktober vanjaar voorspel. Quinton Jacobs, 'n voorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, sê daarmee saam dui die seisoenale voorspelling op 'n bogemiddelde reënval vir die sentrale binneland later vanjaar, wat goeie nuus vir produsente se aanplantings in somerproduksiegebiede is.  Jacobs sê daar is geen vooruitsigte op reën vandeesweek nie, maar daar is 'n geringe kans op reën in die oostelike deel van die Vrystaat laat volgende week. Daarmee saam kan die kwik vandeesweek styg tot in die lae dertigs, maar koue toestande kan steeds soggens in sekere dele van die sentrale binneland verwag word.  




OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.