On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Lede vanPortefeuljekomitee oor Polisie bevraagteken plaasmoordsyfer

───   14:14 Thu, 12 Sep 2019

Landbounuus-podcast: Lede vanPortefeuljekomitee oor Polisie bevraagteken plaasmoordsyfer | News Article

Daar is lede van die Portefeuljekomitee oor Polisie wat die nasionale plaasmoordsyfer bevraagteken.


Dit kom nadat  Norman Sekhukhune, hoof van die polisie se misdaadnavorsing en -statistieke, die jongste misdaadstatistieke Donderdag in die Parlement bekendgemaak het. Bheki Cele, minister van polisie en sy adjunk Cassel Mathale, asook ander senior lede in die polisie, was teenwoordig. Luidens die statistieke vir die 2018/19-boekjaar was daar 47 plaasmoorde tydens 41 voorvalle gewees. Pieter Groenewald, leier van die Vryheidsfront Plus, wou meer duidelikheid rondom dié statistiek by Cele hê. In sy reaksie het Cele egter nie baie oor die kwessie uitgebrei nie, maar het hy sy kommer oor die algehele styging van 3,4% in Suid-Afrika se moordsyfer uitgespreek. Cele het gesê daar was 'n tyd in die verlede waarin misdaad in Suid-Afrika nie só sleg was nie.

Intussen sê Johan Burger van die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) die moordsyfer is waarskynlik die akkuraatse misdaadstatistiek van die polisie, met die moordsyfer wat met 3,5% toegeneem het. Altesaam 21 022 mense is vermoor. Burger sê dié moordsyfers is heel waarskynlik akkuraat, want dit is baie moeilik om lyke te vermy.  Volgens hom toon Statistieke SA se verslag verlede jaar dat daar 'n afname in die aanmelding van gevalle in bykans al die misdaadkategorieë was. Dit sluit diefstal en aanranding in. Met betrekking tot seksuele misdrywe het verkragting met 3,9% toegeneem. In totaal het seksuele misdrywe met 4,6% toegeneem.    

EN

'n Nasionale rekordprys vir 'n wit Brahman-koei met haar bulkalf is onlangs op die Brahman-telersgenootskap se nasionale veiling behaal. Sietze Smit, rasdirekteur van dié genootskap, sê dié koei van 'n jong teler van  Ladysmith KwaZulu-Natal, Brett Pringle, is op die BKB Afrika Lewendehawe-ekspo in Parys vir R430 000 verkoop. Hy sê die kopers was Lourens en Irma du Plessis, direkteure van die Louma-boerdery.  Dié boerdery bestuur die Nedibest-Brahmanstoetery. Smit sê dié koei, wat 708kg weeg, beskik oor goeie teelwaarde.




OFM-nuus/Christal-Lize Muller en Olebogeng Motse

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.