On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Produksie-omstandighede speel groot rol in lewende hawe bedryf

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:14 Wed, 18 Sep 2019

Landbounuus-podcast: Produksie-omstandighede speel groot rol in lewende hawe bedryf | News Article
Photo: OFM

Produksieomstandighede in Suid-Afrika speel 'n groot rol in terme van die vooruitsigte in die lewende hawe bedryf.


Ekonomiese toestande gaan egter 'n bepalende rol speel. 'n Landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, sê ondanks 'n oplewing in die land se ekonomie in die tweede kawartaal vanjaar, is die vooruitsigte vir die lewende hawe bedryf bleek. Volgens hom kan geen prysuitskieters verwag word nie hoewel daar nou 'n styging in die prys van vee is. Hy sê met die vooruitsigte van 'n normale mielieoes moet dit in aggeneem word dat daar nie surplusmielies gaan wees, wat pryse afdruk nie, en voerkostes gaan duur bly. Administratiewe inflasie gaan egter in die pad staan van laer plaashekpryse om dit doeltreffend na die verbruiker deur te gee. Laubscher sê die doelwit is om verbruik te vermeerder  en toe te sien dat dit doeltreffend deurvloei na die plaashek.  Hy moedig boere aan om onnodige kostes uit te sny met die bestaande pryse, sodat wins verseker kan word en verliese beperk word.    

Die Departement van Water en Sanitasie se weeklikse verslag toon damvlakke in dié provinsie het vandeesweek van 'n algehele 80,2% na 79%4 gedaal. Woordvoerder van die departement, Larry Crisp, sê die algehele vlak van damme in die Vrystaat was verlede jaar dieselfde tydperk 90,2%.  Hy sê hoewel die Vrystaat 'n voorloper is met hoë damvlakke en wateropgaring teenoor die situasie in ander provinsies, is die daling in die algemene vlak van damme 'n belangrike kwessie. Crisp doen opnuut 'n beroep op boere wat die damme vir besproeiingsdoeleindes gebruik om by hul waterkwotas te hou en waterverbruik sover moontlik te beperk. Hy sê Gariepdam, se vlak is stabiel op 80,9%, maar die damvlak het met 10% gedaal teenoor dieselfde tydperk verlede jaar. Die Erfenisdam staan op 89,1%, teenoor 90,1% verlede week en die Krugersdriftdam is op 80,3% wat laer is as die 94,2% verlede week.

EN

Die organisasie, Boere Droogtehulp Suid-Afrika, is onderweg na die droogtegeteisterde gebied van Kleinbegin in die Noord-Kaap om veevoer ter waarde van R1,4 miljoen aan boere af te lewer.Die stigter en uitvoerende hoof van dié droogtehulporganisasie, Chris van Beljon, sê 18 vragmotors en 11 bakkies met sleepwaens het Woensdagoggend uit Rustenburg in Noordwes met veevoervragte wat geskenk is, vertrek.  Volgens hom is die voerskenkings moontlik gemaak  deur 'n weldoener in Rustenburg, wat gras langs paaie baal. Boere in Noordwes en die Vrystaat het ook bale mieliereste beskikbaar gestel. Meer as 20 maatskappy is betrokke by die verskaffing van die vragmotors. Van Beljon sê dié organisasie voorsien die brandstof. Volgens hom verleen hulle hulp aan gemeenskappe regoor die land wat gebuk gaan onder erge droogte, en die situasie in die Kleinbegin-gebied is kritiek.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.