On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: SAPV wag op terugvoer oor storting van invoerprodukte

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:11 Mon, 23 Sep 2019

Landbounuus-podcast: SAPV wag op terugvoer oor storting van invoerprodukte | News Article

Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV) wag steeds op die minister van die departement van handel en nywerheid, Ebrahim Patel, se besluit oor die hangende tariefaansoek, vir die storing van invoerprodukte soos hoenderstukke.


Die aansoek gaan dit vir Suid-Afrikaanse produsente moontlik  maak om met die storting van invoerprodukte, mee te ding. Izaak Breytenbach, hoofbestuurder van die SAPV, sê dié vereniging is positief oor die vordering wat gemaak word ten opsigte van dié krisis.  Hy sê die SAPV ondersteun Patel se uiteengesette proses vir ekonomiese groei, investering en die uitbreiding van die hoenderbedryf, wat tot werkskepping sal lei. Volgens hom het Patel dié proses onlangs op 'n vergadering tussen  belanghebbendes en verteenwoordigers van die onderskeie regeringsdepartemente, voorgestel.   Dié proses behels 'n verbeterde werksverhouding tussen die bedryf, departemente en invoerderorganisasies soos die vereniging van vleisinvoerders en-uitvoerders, Amie, en Ebiesa, die organisasie vir swart in- en uitvoerders.

Suid-Afrikaanse boere in die veebedryf sal wys wees as hulle in die algemeen hul afhanklikheid van antibiotika verminder, juis weens die probleem van antibiotikaweerstand wat kuddes kan bedreig. Die land se nasionale kudde en die beesvleisbedryf in geheel kan geraak word. Só meen dr. Shaun Morris, 'n voerkraalkonsultant by die Beefmaster Groep, wat boere aanraai om hul antibiotika toediening vir diere streng te monitor en versigtig te gebruik. Hy sê boere moet seker maak dat hulle by die voorgeskrewe dosis bly om nie die wet te oortree nie, en sodoende te verhoed dat daar residu, die opspoorbaarheid van antibiotika in vleis, organe en melk na toediening daarvan, is. Hy sê daar is alternatiewe beskikbaar vir veeboere wat antibiotiese behandelings teen dieresiekte betref. Die Beefmaster Groep is 'n spesialisprodusent van gehalte beesvleisprodukte in Suid-Afrika, asook die midde- en verre ooste. Dit is een van die grootste vleisbeesproduksieondermings in private besit wat betrokke is in die hele waardeketting van voerkrale tot die lewering van produkte.    

EN

Koeler toestande gaan na verwagting tot later vandeesweek in sekere dele van die Vrystaat voortduur. Michael Nethavhani, 'n voorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor sê daarmee saam is die kans op reën in die grootste deel van die sentrale binneland skraal. Volgens Nethavhani is die daling in temeprature veral in die sentrale, westelike en oostelike deel van die Vrystaat weens 'n koue front wat van die Wes-Kaap inbeweeg. Daarmee saam is daar 'n suidwestelike wind met 'n spoed van tussen 30 tot 40km per uur. Hy sê dié toestande duur Dinsdag in die suidelike en oostelike deel van die Vrystaat voort, met 'n 30%kans op donderbuie in die ooste. Hy sê temperature kan teen Woensdag in die grootste deel van die provinsie styg. Hy sê geen verdere kouefronte word voorspel nie, terwyl daar ook nie vooruitsigte op reën in die weerkantoor se 14 dae-voorspelling, veral in die droogtegeteisterde Noord-Kaap is nie.    




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.