On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: NBDV bekommerd oor skape se welstand

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:47 Wed, 25 Sep 2019

Landbounuus-podcast: NBDV bekommerd oor skape se welstand | News Article

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) was, op versoek van die Suid-Afrikaanse regering, aan boord van die berugte Al-Shuwaikh-vragskip wat by Oos-Londen aangekom het om skape vir slagdoeleindes na die Midde-Ooste te vervoer.


Dié vereniging se Grace de Lange sê dié skip is nie geskik om sowat 61 000 Suid-Afrikaanse skape te vervoer nie. Sy sê daar is groot rede tot kommer oor die diere se welsyn. Volgens haar moes 'n lasbrief  Sondag van die polisie bekom word toe inspekteurs toegang tot die skip geweier is. Hulle is daarna toegelaat. Inspekteurs is Maandag, ondanks die feit dat hulle 'n lasbrief gehad het, ook toegang tot die voerkraal geweier waar die skape aangehou word. Die polisie het weer ingegryp. De Lange sê nadat toegang verkry is, het inspekteurs 'n skaap van kant gemaak omdat dit 'n gebreekte been gehad het. Daar was van die diere wat ooginfeksies opgedoen het. Sy sê die regering moet sy wetlike verpligtinge nou dringend nakom en verhoed dat die diere op die vragskip vervoer word.

Die polisie se nasionale veediefstalstatistiek skets nie die werklike prentjie rondom die situasie wat veeboere oor die land heen kniehalter nie. Willie Clack, voorsitter van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum, meen die polisie se syfer, wat toon veediefstal het met 2,9% in die 2018/19 boekjaar toegeneem, is nie akkuraat nie. Clack meen daar is eerder 'n toename in veediefstal oor die land heen wat toegeskryf kan word aan die aanmelding van klagte in dié verband by die polisie.

Die Rooivleisprodusente-organisasie, oftewel die RPO, doen 'n ernstige beroep op handelaars om laer produsentepryse vir lam- en beesvleis aan verbruikers deur te gee. Met die Erfenisdagvieringe agter die rug, waarop nasionale braaidag jaarliks plaasvind, sê die RPO se voorsitter, Koos van der Ryst, dit was nóg nooit so goedkoop om tydens die wêreldbeker rugbytoernooi te braai nie. Volgens hom is die produsenteprys vir lamvleis op R68,86 per kg, met BTW ingesluit, sowat 15,3% laer vir A-klas vleis teenoor die prys daarvan verlede jaar. Die prys wat produsente nou vir beesvleis ontvang, is op R45,98 sowat 0,5% laer per kg vir A-klas vleis. Van der Ryst sê verbruikers moet die geleentheid nou ten volle benut. Diereproteïen is nie die vyand as die korrekte  porsiegrootes daagliks ingeneem word nie.

EN

Drie verdagtes wat aangekeer is in verband met die moord op 'n Oos-Kaapse boer, Shaun Krull, sal na verwagting vandeesweek in die landdroshof in Oos-Londen om borgtog aansoek doen. Die verdagtes het Maandag vlugtig in die hof verskyn nadat hulle in Middeldrift in hegtenis geneem is. Krull is Vrydagoggend op sy plaas Sunrise Eggs met steekwonde gekry. Die polisie ondersoek ook 'n klag van roof. 



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.