On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Minder 'ernstige' veldbrande in VS

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 18:27 Mon, 30 Sep 2019

Landbounuus-podcast: Minder 'ernstige' veldbrande in VS | News Article

Daar het vanjaar sedert Mei tot Augustus minder groot wegholveldbrande van 'n ernstige aard in die Vrystaat voorgekom.


Dít is volgens Johann Breytenbach, algemene bestuurder van die Vrystaatse sambreel-organisasie vir brandverenigings (FSUFPA), in die lig van die brandseisoen wat vier maande gelede begin het. Volgens hom het meer as 45 400 hektaar in dié tydperk weens veldbrande in die Vrystaat in die slag gebly. Dit sluit beheerde brande in. Breytenbach sê dit is eers vanjaar moontlik om 'n akkurate syfer rondom brande en die skade wat aangerig word te verskaf nie, weens nuwe sagteware wat ontwikkel is om data daaroor te verkry. Betroubare data was nie in vorige jare beskikbaar nie, en daarom is dit moeilik om vergelykings te tref, maar dit wil voorkom of die situasie vanjaar beter daarna uitsien teenoor dieselfde tydperk verlede jaar. Breytenbach sê die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) se seisoenale voorspellings het ook positiewe vooruitsigte.

Sterk windtoestande wat die afgelope naweek oor 'n groot deel van die sentrale binneland gewoed en verskeie wegholbrande het in gebiede in Noordwes en die Vrystaat voorgekom. Terwyl die brandseisoen in volle swang is, kyk 'n 66-jarige boer van die Kroonstad-gebied, Mof Myburgh, met groot dankbaarheid terug na sy nagmerrie-ervaring verlede jaar in September toe hy 40% brandwonde aan sy lyf opgedoen het. Myburgh sê daar was dié oggend sowat 10km van sy plaas, Panorama, 'n veldbrand gewees. Die wind het teen sowat 65km per uur gewaai. Myburgh het gaan help. Myburgh sê hy het in daardie stadium sy hoed oor sy gesig geplaas en deur die brand gehardloop. Die nare werklikheid het hom daarna getref en sy buurman het hom na die naaste hospitaal gehaas. Hy het nie brandwonde aan sy voete, rug en borskas nie, maar wel aan die res van sy lyf opgedoen. Daar was veral brandwonde aan sy hande en elemboë. Hy is dieselfde dag in die Milpark-hospitaal in Johannesburg se brandeenheid opgeneem.

EN

'n Plaas in die Campbell-distrik in die Noord-Kaap is onder kwarantyn geplaas en siektebeheermaatreëls word toegepas ná die uitbreking van Afrika-varkpes. Die LUR van landbou, Nomandla Bloem, het dít bevestig. Bloem sê die betrokke boer het in 'n bestek van drie dae ná die uitbreking 30 varke verloor. Dit is vrylopende varke wat grootgemaak word in kampe saam met wild, vee en bokke. Bloem sê die varke het interaksie gehad met vlakvarke en al die lewende varke - insluitende die wilde varke - en hul produkte mag nie van die plaas verwyder word nie. Bloem vra boere om skielike siektes en vrektes onder hul varkkudde by plaaslike veeartse aan te meld.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.