On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Komitee oor grondhervorming vergader vandag

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:25 Fri, 11 Oct 2019

Landbounuus-podcast:  Komitee oor grondhervorming vergader vandag | News Article

Die interministeriële komitee oor grondhervorming sal na verwagting vandag vergader om te bepaal hoeveel grond die regering nog kan beskikbaar stel vir die doeleindes van grondhervorming.


Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het gister op Agri SA se kongres in Pretoria gesê met Suid-Afrika se unieke geskiedenis  moet landsburgers die transformasie-agenda, wat 'n belangrike rol in die opbou van 'n passievolle samelewing, ernstig opneem. Didiza het ook verwys na die grondkwessie wat boere bekommer en onsekerheid veroorsaak. Sy het gesê die grondkwessie raak alle betrokkenes op verskeie wyses en daarom moet hierdie kwessie aangespreek word.

Agri SA se president, Dan Kriek, het Didiza se boodskap verwelkom. Kriek het aan OFM-nuus gesê daar is nog 'n mate van onsekerheid oor die grondwetwysiging wat onteiening sonder vergoeding moontlik maak, maar Agri SA sal voortgaan om aan dié proses deel te neem en dié wysiging teenstaan. Hy sê uit 'n regstegniese oogpunt kan onteining nie suksesvol in Suid-Afrika wees nie.  Agri SA se kongres eindig vandag.

EN

Agri SA verwelkom die hersiende Nasionale Landelike Beveiligingstrategie wat vandag in Louis Trichardt in Limpopo bekendgestel word.  Tommie Esterhuyse, voorsitter vir landelike veiligheid by Agri SA,  sê die polisiehoof, Khehla Sitole, het reeds aangedui dat dié organisasie as 'n vennoot van die polisie  in dié hersiende strategie beskou word. Esterhuyse het aan OFM-nuus op Agri SA se kongres in Pretoria gesê Agri SA is trots daarop om deel te wees van die bekendstelling van dié strategie. Volgens Esterhuyse is die implementering van dié hernude strategie deur alle stasiebevelvoerders van die polisie noodsaaklik, want as dit nie geskied nie gaan dié gehalte strategie nie vrugte afwerp nie. 



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.