Agriculture
Landbounuus-podcast: 'Alternatiewe waterbronne benodig'─── CHRISTAL-LIZE MULLER 17:48 Tue, 15 Oct 2019
Daar moet voortydig gelet word op alternatiewe waterbronne en die besparing van water, veral in ariede gebiede in Suid-Afrika.
Dít is nodig omdat plattelandse dorpe gebuk gaan onder watertekorte. Daarmee saam moet indringerplante, wat om water kompeteer, uitgeroei word. Só sê Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, wat meen dié holistiese benadering word opnuut deur die voortslepende droogte in dié provinise beklemtoon. Jansen sê in die besproeiingsindustrie is daar die afgelope jare heelwat klem op waterbesparing geplaas. Daar bestaan redelike bewustheid daaroor in dié bedryf met veranderinge wat ten opsigte van besproeiingsmetodes en bewaringsbewerkings aangebring is.
Droogteramphulp deur die regering is 'n tydrowende proses en dit vind te stadig plaas. Peter Cloete [kloe-tie], adjunkpresident van Agri Oos-Kaap, meen dit kan toegeskryf word aan die regering se onvermoë om hulp te verleen. Hy het aan OFM-nuus op Agri SA se jaarkongres verlede week in Pretoria gesê dit wil voorkom of die regering se deure in dié verband toe is. Volgens Cloete [kloe-tie] is dit 'n groot uitdaging om met die betrokke regeringsmaptenare te kommunikeer, omdat daar vermoedelik 'n gesindheid is dat die regring geldtekorte ondervind. Cloete [kloe-tie] sê ondanks die droogtetoestande in sekere gebiede van die Oos-Kaap, ondervind besproeiingsboere probleme met besoedelde water uit riviere.
EN
Die onderskeie direksies van die landboubesighede, Suidwes en OVK, het dit goedgekeur dat sinergeë ondersoek word ten opsigte van voordele en waardetoevoeging vir hul aandeelhouers. 'n Gesamentlike omsigtigheidsaankondiging is deur albei dié landboubesighede gemaak. Indien dié samesprekings suksesvol is, kan die waardes van die onderskeie maatskappye se aandele wesenlik beïnvloed word. Suidwes se regsadviseur, Derek Linde, sê die ekonomie van skaal word ondersoek in belang van aandeelhouers, asook werknemers van albei maatskappye. Dit is egter onderhewig aan die goedkeuring van aandeelhouers. Aandeelhouers van die onderskeie maatskappye word aangeraai om omsigtig met aandele handel te dryf totdat 'n verdere aankondiging gedoen word.
OFM-nuus
