On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Wêreldvoedseldag vandag gevier

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:46 Wed, 16 Oct 2019

Landbounuus-podcast: Wêreldvoedseldag vandag gevier | News Article

Wêreldvoedseldag word jaarliks deur verskeie lande op 16 Oktober gevier.


Dié dag is in 1979 by deur die Verenigde Nasies (VN) se Voedsel en Landbou-organisasie (FAO) ingestel. Dit was om dié organisasie se stigting in 1945 te herdenk. Die eerste Wêreldvoedseldag het in 1981 plaasgevind. Dit het ten doel om openbare bewustheid te skep rondom die probleem van mense wat oor die wêreld heen honger ly. 'n Landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, sê die insiatief probeer om die kollig te hou op die oorsake en gevolge van hongersnood. Volgens hom sien die situasie rondom voedselsekuriteit in Suid-Afrika beter daarna uit as ander Afrika-lande, hoewel daar steeds gebiede in dié land is waar mense honger ly.  Volgens Laubscher is die fokus van Wêreldvoedseldag op die verligting van hongersnood en dit kan gedoen word deurdat meer kos geproduseer word met minder hulpbronne en die toepassing van tegnologie. Hy sê daarmee saam moet minder vermorsing van kos ook geskied.  

EN

Droogtetoestande vererger in 'n groot deel van die Noord-Kaap en die Oos-Kaap.  Die noodleningsorganisasie, Gift of the Givers, (GOTG), se stigter en voorsitter, Imtiaz Sooliman, sê dié organisasie gaan voort om hulp aan gemeenskappe in die droogtegeteisterde provinsies te verleen, veral in die vorm van veevoerskenkings vir boere se diere. Humanitêre hulp word ook aan gemeenskappe verleen wat nou basiese benodighede soos kos, water en sanitêre voorraad nodig het. GOTG het Dinsdag in sy jongste projek agt vragmotors vol veevoer aan opkomende en kommersiële boere in Graaff Reinet in die Oos-Kaap afgelewer. Sooliman sê GOTG se hidrologiese span onder leiding van dr. Gideon Groenewald het reeds sewe boorgate in Graaff Reinet in hul soeke na waterbronne suksesvol geboor.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.