On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Boere deel inligting by toekomsfokusdag

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:09 Tue, 29 Oct 2019

Landbounuus-podcast: Boere deel inligting by toekomsfokusdag | News Article

Insiggewende inligting en sienings is deur gevestigde kommersiële boere rondom die toepassing van strategie en visie, finansiële bestuursaspekte, vennootskappe, menslike hulpbronne en bestuursinligting op Senwes se Toekomsfokusdag gedeel.


Dié inligtingsdag deur Senwes is in samewerking met die jongboerkomitees van Agri Noordwes en Vrystaat Landbou (VL), asook Graan SA (GSA), op Nampopark buite Bothaville in die Vrystaat aangebied ten bate van die onderskeie komitees. Louis Wessels, voorsitter van Agri Noordwes se komitee, sê leierboere was op die paneel wat deur Jaco Minnaar, voorsitter van GSA, gelei is. Hy sê die bespreking rondom die strategie en visie in boerderye het vir hom uitgestaan. Wessels sê rakende die geldelike uitdagings was die boodskap daar is boere wat in geldelike verknorsings is, weens onder meer die voortslepende droogte, maar dit is belangrik om saam met betrokkenes soos banke en landbou-organisasies te werk om geldelike bestuur te kan toepas.

Edric Badenhorst, ondervoorsitter van Agri Noordwes se jongboerkomitee, sê die positiewe gesindheid onder boere op Senwes se Toekomsfokusdag was opmerklik. Hy sê die boodskap op die paneelbespreking ten opsigte van die waarde van bestaande vennootskappe wat gevorm is met belanghebbendes by boerderye, was vir hom waardevol.

Die DA in die Vrystaat gaan vrae voorlê aan die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela, in 'n poging om vas te stel of die provinsiale regering enige planne in plek het om die toenemende tekort aan skoon water aan te spreek. Roy Jankielsohn, DA-lid en -leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse Wetgewer, sê die droogte, 'n gebrek aan watervloei uit die Katse-dam, en die swak vermoë deur die regering om op munisipale en provinsiale vlakke die waterskaarsste te bestuur, is die oorsaak van die bestaande waterkrisis in die Vrystaat. Hy sê dit het 'n vernietigende ekonomiese impak op dié provinsie. Daarmee saam lei die landboubedryf daaronder, wat 'n groot bron van werkskepping in landelike gebiede is.

EN

Die Natuurlewe-en-omgewingsvereniging van Suid-Afrika (Wessa) sê die jongste verslag oor die voorgestelde visboerdery in die Nelson Mandelabaai neem nie die openbare mening in ag nie. Gary Koekemoer, voorsitter van WESSA, sê die omgewingskonsultante, Ancor, se verslag neem ook nie die omvang van die skade wat deur deur dié ontwikkeling veroorsaak kan word, in ag nie.  Dit kom nadat die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye beoog om 'n kommersiële visboerdery op verskeie plekke in die Baai te vestig. Koekemoer sê dié verslag is gebrekkig omdat dit onder meer nie 'n griefskrif oorweeg wat deur 3 000 ontevrede mense onderteken is nie. Daar is verder kommer oor die risiko van haai-aanvalle.


OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.