Agriculture
Landbounuus-podcast: Suid-Afrika se ekonomie presteer nie goed nie─── CHRISTAL-LIZE MULLER 11:19 Thu, 31 Oct 2019
Suid-Afrika se ekonomie presteer nie goed nie met besteding wat meer as die inkomste ontvang, is.
Daarmee saam het Tito Mboweni, Minister van Finansies, slegs vlugtig na landbou en grond in sy mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR)in die Parlement verwys. Vermindering in besteding van R21 miljard in die 2020/21-boekjaar en R29 miljard in die 2021/22-boekjaar is by oordragte, goedere en dienste geïdentifiseer. Daarvoor word R150 miljard oor die volgende drie jaar benodig deur onder meer die loonrekening doeltreffend te bestuur en te besnoei. Farmer's Weekly berig Mboweni het geringe afwaartse aanpassings aan die 2019/20 begroting vir die voormalige departemente van landbou, bosbou en visserye (DAFF) en landelike ontwikkeling en grondhervorming, gemaak. Dit was hoofsaaklik weens geld wat nie deur die departement bestee is nie.
Die Minister van Finansies, Tito Mboweni, se mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) is uit verskeie landbougeledere gekritiseer. Agri SA is teleurgesteld, omdat daar nie meer erkenning gegee is aan die rol van die landboubedryf nie. Requier Wait, hoof van Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid vir ekonomie en handel, sê hoewel die MTBR nie gedetailleerde bestedingsplanne of belastingvoorstelle bevat het nie, kon Mboweni die veerkragtigheid van die landboubedryf uitgelig het, ondanks uitdagings soos die voortslepende droogte. Voorspellings vir ekonomiese groei is nou op 0,5% teenoor die 1,5% wat in Februarie vanjaar verwag is en gevolglik is inkomsteprojeksies skerp verminder. Wait sê dié organisasie sal voortgaan om aan te dring dat die regering groter klem op landbou plaas.
EN
Teenstrydighede oor verskeie kwessies deur die regering is verantwoordelik vir groot ontsekerheid in Suid-Afrika. Die regering se uitsprake verskil in terme van sy dade veral in landbou, terwyl daar van landbouprodusente verwag word om met dié steenstrydighede 'n balans te vind. Dit is volgens Theo Venter, 'n politieke ontleder van die Noordwes Universiteit (NWU) se Besigheidskool in reaksie op die Minister van Fianansies, Tito Mboweni, se mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR). Venter sê 'n duidelike voorbeeld met betrekking tot politieke teenstrydhede sluit in 'n werksessie rakende die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet, wat Woensdag byeengeroep is. Volgens hom is dié voorgestelde grondwetwysiging teenstrydig met wat Mboweni later dieselfde dag in sy MTBR gesê het, oor Suid-Afrika, wat stabiliteit en duidelikheid oor eiendom benodig.
OFM-nuus
