On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Biddiens vir reën

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:44 Fri, 01 Nov 2019

Landbounuus-podcast: Biddiens vir reën | News Article

Landbou-organisasies en boere is vol hoop dat die eerste goeie reëns die seisoen op pad is.


Werknemers van Hinterland het vanoggend by sy sowat 59 handelstakke in Noordwes, die Vrystaat, KwaZulu-Natal en Mpumalanga, 'n biddiens vir reën gehad. By Hinterland Potchefstroom se handelstak was boere, plaaswerkers en werknemers byeen. Takbestuurder, Waldo Venter, sê gemeenskappe word geraak deur die droogtetoestande en mense moet nou sterk wees in hul geloof. William Labasi, werk al 16 jaar by Hinterland Potchefstroom, as 'n verkoopsklerk by die onderdele-afdeling. Hy sê biddienste soos dié is noodsaaklik want die landbougemeenskap is waardevol vir die land in terme van kosproduksie.

EN

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, en die vervoermaatskappy, Aramex, is nou aan boord en betrokke by die Boks-vir-'n-Boervrouprojek wat deur die Vroue-landbouvereniging van Wellington (VLV) begin is.  Die projek, waarin bederfgoedjies en basiese items soos toiletware en lekkernye in kartonbokse verpak word aan vroue op plase in die droogtegeteisterde gebiede soos die Karoo, het nou behoorlik vlam gevat. Skenkings stroom van regoor die land in. Die Uitvoerende Hoof van AfriForum, Kallie Kriel, sê AfriForum het aangebied om 'n verspreidingspunt in Pretoria te wees. Hy sê die welwillendheid van gewone mense is oorweldigend en mense se reaksie is ongelooflik - dit gee mens hoop vir die toekoms.
 
AfriForum, en die vervoermaatskappy, Aramex help ook om die duisende bokse te versprei. Kriel sê boervroue in nood in ander provinsies gaan ook nou ondersteun word, omdat dele in die land onder die ergste droogtes in 'n dekade gebuk gaan. Daar is hartverskeurende verhale van mens en dier wat swaarkry. Op sommige plase het dit vyf jaar laas gereën en talle boere moes hul veekuddes noodgedwonge uitdun. Die VLV het al oor die 10 000 bokse versprei. Daar is versendingspunte in Bloemfontein en Kimberley en 'n punt in die Boland. Juanita Loubser en Karen Barnard van VLV in Wellington is aan stuur van die Boks-vir-'n-Boervrou projek. Vir meer inlgiting besoek dié projek se Facebook-blad.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.