On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Regering aan boord met droogteramphulp

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:47 Wed, 06 Nov 2019

Landbounuus-podcast: Regering aan boord met droogteramphulp | News Article
Photo: Gallo

Agri SA se provinsiale affiliasies werk nou saam met provinsiale regerings in droogtegeteisterde gebiede om hulp aan boere te verleen.


Die regering is nou aan boord ten opsigte van droogteramphulp, met R30 miljoen wat onmiddellik beskikbaar gestel is vir dié doeleindes in die Noord-Kaap. In die Wes-Kaap is daar reeds R50 miljoen regeringshulp toegeken. Daarmee saam gaan Agri SA se nuutgevormde rampbestuursentrum hoofsaaklik fokus om rampe wat boere in die gesig staar te mitigeer. Dié organisasie se adjunk-uitvoerende direkteur, Christo van der Rheede, sê daar is besluit om dié sentrum op die been te bring, omdat droogtetoestande en hulpverlening aan landbougemeenskappe nie meer tydelik van aard is nie. Droogtetoestande is ook nou 'n normale sikliese klimaatsverskynsel. Volgens Van der Rheede is dié rampbestuursentrum bykomend tot Agri SA se droogterampfonds wat al sedert 2015 in plek is. Dié fonds het al meer as R20 miljoen sedertien ingesamel.  Hy sê Agri SA hoop om met dié sentrum, hetsy uit 'n beleids- of oorlewingsoogpunt, hulp aan boere op 'n meer georganiseerde wyse te verleen. Volgens hom is die proses van hulpverlening nie ingewikkeld. Boere moet aan hul onderskeie landbouverenigings, wat weer aan provinsiale verenigings, wat by Agri SA geaffilieer is, behoort.

EN

Die Hoëveld Bonsmara-klub  het 'n suksesvolle bulgroeitoets, die grootste nóg vir 'n enkele beesras, suksesvol voltooi. 'n Rekordgetal van 120 bulle is deur onderskeidelik 24 lede van dié klub vir dié groeitoets ingeskryf. Pierre van Rooyen, voorsitter van dié klub, sê daar is besluit op dié groeitoets sodat telers wat nog nie hul eie produksieveilings kan hou nie, blootstelling kry. Hy sê die bulle wat aan die Bonsmara-genootskap se produksievereistes voldoen het en die visuele inspeksie vir funksionele doeltreffendheid geslaag het, bly nou by Sernick se bulgroeitoetssentrum aan ter voorberiding vir die Bonsmara-klubveiling, wat na verwagting in Oktober volgende jaar plaasvind.  




OFM-nuus




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.