Agriculture
Landbounuus-podcast: Bek-en-klouseer in Limpopo geïdentifiseer─── CHRISTAL-LIZE MULLER 11:44 Fri, 08 Nov 2019

Die Departement van Landbou het bevestig dat bek-en-klouseer onder 'n trop beeste op 'n plaas in die Molemole-distrik in Limpopo geïdentifiseer is.
Reggie Ngcobo, woordvoerder van die departement, sê veeartsenykundige dienste is verlede Vrydag in kennis gestel van kliniese tekens van dié siekte onder hierdie spesifieke beeste. Hy sê die plaas is in 'n vorige bek-en-klouseer-vrye sone geleë. Monsters is versamel en deur die Onderstepoort Veterinêre Navorsing se oorgrensdieresiekte-program bevestig. Die oorsprong van die virus word nou bepaal, en of dit moontlik daarheen versprei het. Dié plaas is onder kwarantyn geplaas. Ngcobo sê maatreëls word toegepas om direkte of indirekte kontak tussen die onderskeie diere op dié plaas te voorkom. Dié uitbreking kom nadat bek-en-klouseer vanjaar in die Vhembe-distrik in Limpopo uitgebreek het.
EN
Met droogtetoestande wat in verskeie provinsies oor die land heen, insluitende die Noord-Kaap, voortduur het OFM se Pieter Möller, 'n bekende in landboukringe, en sy vrou Carien, asook die rugbylegende, Helgard Muller, besluit om bewustheid te kweek oor die toestand waarin boere weens die droogte verkeer. Hulle neem Saterdag aan OFM se Music Marathon in Bloemfontein deel. Möller het mense vanoggend op OFM se Big Breakfast aangespoor om bewus te wees van die situasie waarin landbougemeenskappe verkeer. Vir meer inligting oor OFM se Music Marathon besoek ofm.co.za.
OFM moedig luisteraars aan om betrokke te raak by die onderskeie droogtehulpprojekte. OFM het 'n webblad geskep waarop luisteraars inligting oor die droogtesituasie in die sentrale binneland kan verkry.
OFM-nuus