On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Kommer oor impak van bek-en-klouseer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:42 Fri, 08 Nov 2019

Landbounuus-podcast: Kommer oor impak van bek-en-klouseer | News Article

Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) is bekommerd oor die impak wat die jongste geval van bek-en-klouseer in die Molemole-distrik in Limpopo op die vleisbedryf gaan hê.


Gerhard Schutte, hoof uitvoerende bestuurder van die nasionale RPO, sê dit is 'n groot terugslag vir dié bedryf en landbou in geheel. Hy meen Suid-Afrika het ná die uitbreking van dié siekte in die Vhembe-distrik in Limpopo in Januarie vanjaar, onverpoosd gewerk om sy bek-en-klouseer vrye status te herstel. Volgens hom moet daar nou besin word oor die kwessie van aanspreeklikheid. Dit is 'n beheerde siekte wat as sulks die primêre verantwoordelikheid van die nasionale en provinsiale departement van landbou is. Hy sê die onderskeie bedrywe is deur middel van die nasionale en provinsiale dieregesondheidsforums betrokke en speel 'n ondersteunende rol in die beheer van dié siekte.

Die Departement van Landbou maan boere oor die land heen om bioveiligheidsmaatreëls toe te pas en nie hul kuddes aan te vul met nuwe diere nie. Boere moet ook hul eie kuddes se verskuiwing na ander plase beperk. Dit kom nadat 'n geval van bek-en-klouseer op 'n plaas in die Molemole-distrik in Limpopo in 'n kudde beeste bevestig is. Reggie Ngcobo, woordvoerder van die departement, sê dié plaas is onder kwarantyn geplaas en die oorsprong van dié virus word nou bepaal. Bek-en-klouseer is 'n hoogs aansteeklike virussiekte wat beeste, varke (huishoudelik en wilde diere), skape, bokke and ander gesplete hoefdiere aantas.  Bek-en-klouseer het geen invloed op mense nie, en dit is veilig om produkte, soos vleis en melk, te verbruik.

Die droogtesituasie in die Noord-Kaap word by die dag meer kritiek. Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, sê die situasie word vererger deurdat die eerste goeie somerreën wegbly. Daarmee saam speel die winter-seisoenale droogte ook 'n bydraende rol. Dít dra by tot meer gebiede wat nou ramptoestande ervaar. Hy sê meer as 70% van die Noord-Kaap gaan onder rampdroogtetoestande gebuk. 

- Skakel Maandagoggend in op die OFM se The Big Breakfast-program met Martin van der Merwe, wanneer Jansen gaan praat oor verskeie hulpverleningsprojekte deur dié organisasie om landbougemeenskappe in nood by te staan.

EN

OFM moedig luisteraars aan om betrokke te raak by die onderskeie droogtehulpprojekte wat ten doel het om landbougemeenskappe in droogtegeteisterde dele van die land, soos die Noord-Kaap, te ondersteun. Juis daarom het OFM 'n webblad geskep waarop luisteraars inligting oor die droogtesituasie in die sentrale binneland kan verkry en skenkings kan doen.



OMF-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.