On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Suid-Afrika se voorste nasionale skaapboer bekend gemaak

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:41 Thu, 14 Nov 2019

Landbounuus-podcast: Suid-Afrika se voorste nasionale skaapboer bekend gemaak | News Article

Suid-Afrika se voorste nasionale skaapboer is van die Vrystaat. Cobus en Magdel van Coller van die plaas Libanon by Viljoenskroon het met hul kommersiële SA vleismerino-kudde uitgeblink op die Nasionale Skaap- en Beesboer van die Jaar-kompetisie.


Die Tian-Kruger boerdery van Roedtan in Limpopo se Bonsmarakudde, het met die louere in die beesboerkompetisie weggestap. Die wenners van dié gesogte kompetisie wat deur Voermol, BKB, FNB, Zoetis asook Landbouweekblad aangebied word, is gisteraand in Bloemfontein aangewys. Van Coller  sê dit is voorwaar 'n groot voorreg om deel van dié kompetisie te kon wees en as wenners uit die stryd te tree, veral omdat die ander finaliste uitstaande gehalte boere is. Van Coller meen doeltreffende voerprogramme vir jul skaapkudde is noodsaaklik. Kruger is baie trots en strewe altyd daarna om die beste kommersiële Bonsmara-kudde in die land te hê. Ons het 'n kommersiêle kudde maar bestuur dit soos wat stoetboere dit doen.

EN

Produsente se besigheidsentiteite is talle keer in 'n dilemma van ekonomie-van-skaal en veral in uitdagende tye kan dié boerdery-eenhede nie die struikelblok self oorkom nie. Daarmee saam is die Suid-Afrikaanse regering afwesig, wat produsente verder noop om op hulself aangewese te wees. TLU SA se hoofbestuurder, Bennie van Zyl, het vanoggend op OFM se landbouprogram Before Dawn met Gerben van Niekerk gesê produsente moet nou self planne beraam. Hy moedig hulle verder aan om te sindikeer omdat dit voordelig vir boere is om hande te vat en hulself in 'n groter besigheidsentiteit te posisioneer. Hy sê daar is verskeie sindikasie-modelle in die land wat suksesvol is.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.