Agriculture
Landbounuus-podcast: Bek-en-klouseer versprei─── CHRISTAL-LIZE MULLER 11:46 Tue, 19 Nov 2019
Die onlangse uitbreking van bek-en-klouseer op 'n kommersiële plaas in die Molemole-distrik in Limpopo is nie meer beperk tot slegs een plaas nie.
Dit is bevestig dat die waarskynlike oorsprong van besmette beeste 'n veilingskraal naby Dendron is. Die Nasionale Departement van Landbou se tegniese woordvoerder, dr. Bothlhe Modisane, sê die feit dat meer as een plaas nou betrokke is, toon die erns van die situasie. Hy sê die departement se bedoeling met die aankondiging om veilings van lewendehawe in Limpopo, Mpumalanga, Gauteng en Noordwes, tydelik te staak, is om verspreiding te voorkom. Daar word gevrees dat opgeveilde diere dié virussiekte na ander gebiede se diere kan oordra. Volgens Modisane geld die tydelike moratorium op veilings in dié vier provinsies steeds nadat die tegniese komitee, waarop verskeie betrokkenes dien, Maandagmmiddag vergader het.
EN
Agri Noord-Kaap vra gemeenskappe, besighede en sakeondernemings se dringende hulp met geldelike skekings om sowat 1 500 hektaar koring in die Vanderkloof gebied tot by Orania te baal vir veevoerdoeleindes. Dié organisasie se president, Nicol Jansen, sê boere in dié gebied se koringoeste rypskade gehad. Dié boere het oesversekering en het besluit om die koring wat op landerye is te skenk vir veevoer aan boere in die droogtegeteisterde gebiede in die Noord-Kaap. Hy sê daar is egter uitdagings, soos die duursame proses, om die koring betyds van die landerye af te kry. Besoek ofm.co.za, kliek op die Agri AID-banier of gaan na Agri Noord-Kaap se webtuiste om geldelike skenkings aan dié organisasie se droogtehulpfonds te maak.
OFM-nuus
