On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Bek-en-klouseer nou ook by voerkrale

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:07 Tue, 19 Nov 2019

Landbounuus-podcast: Bek-en-klouseer nou ook by voerkrale | News Article

Die Departement van Landbou, Grondhervorming en landelike ontwikkeling het bevestig dat nog beeste met bek-en-klouseer op meer plase in die Molemole-distrik in Limpopo voorkom.


Die departement se tegniese woordvoerder, dr. Bothlhe Modisane, sê dié virussiekte is nie meer beperk tot slegs een kommersiële plaas nie. Die waarskynlike oorsprong van besmette beeste is 'n veilingskraal in dié gebied. Hy sê die meeste van dié vier plase is ongelukkig voerkrale. Hy sê die feit dat dié virussiekte nou op meer plase onder beeste voorkom nadat 'n geval vroeër vandeesmaand op 'n kommersiële plaas in dié gebied bevestig is, toon die erns van die uitbreking. Dit is die tweede uitbreking van bek-en-klouseer in Suid-Afrika vanjaar. Die virussiekte is in Januarie in die Vhembe-distrik in Limpopo bevestig. Modisane sê intussen geld die tydelike moratorium op veilings van lewende hawe in Limpopo, Mpumalanga, Gauteng en Noordwes steeds. Die departement het veilings in dié provinsie tydelik gestaak om verspreiding van dié siekte te voorkom, want  opgeveilde diere kan dit na ander gebiede se diere oordra.

Die landbounetwerk vir familieboere, Saai, beoog om sy veediefstaltoep, STIC, eersdaags uit te brei in 'n poging om die naspeurbaarheid van die beweging van vee te prioritiseer. Dít kom nadat bek-en-klouseer in die Molemole-gebied in Limpopo uitgebreek het en 'n tydelike verbod op veilings van lewende hawe in dié provinsie, Mpumalanga, Gauteng en Noordwes geplaas is. Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, sê dié toep is aanvanklik geskep om gemeenskapstrukture te bemagtig om veediefstal op ’n proaktiewe wyse te bekamp, maar weens die bek-en-klouseer-uitbreking sal naspeurbaarheid nou so gou as moontlik tot dié platform gevoeg moet word. Dié naspeurbaarheidstegnologie is van China afkomstig en is deur die African Farmers Network ontwikkel. Dit sal dieselfde protokolle as die Chinese naspeurbaarheidstelsel toepas. Rossouw sê familieboere kan vir dié toep by https://stocktheft.com/ registreer.

EN

Die uitvoerende hoofbestuurder van Agri Noordwes, Boeta du Toit, sê die grootste gedeelte van dié provinsie is in 'n mate veel beter af teenoor ander provinsies waar droogtetoestande kritiek is. Volgens hom word die westelike en ander gebiede in die sentrale deel van Noordwes die swaarste deur die droogte geraak. Gebiede in die res van dié provinsie het al reën gehad die seisoen. Hy sê die droogtesituasie in die westelike deel van Noordwes, noord van Vryburg, is ernstig. Hy sy welkome reën in die sentrale en oostelike deel van Noordwes het hoop gebring en boere in saaigebiede het reeds begin om hul landerye voor te berei vir somergewas-aanplantings. In gebiede waar opvolgreën geval het, is daar enkele boere wat reeds mielies begin plant het. Daar is egter nog tyd vir mielie-aanplantings tot middel-Desember.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.