On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Noordwes plaasaanvallers steeds soek

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:57 Tue, 26 Nov 2019

Landbounuus-podcast: Noordwes plaasaanvallers steeds soek | News Article

Die polisie in Noordwes soek steeds na drie mans en twee vroue in verband met die moord op die 67-jarige boer, Schalk van der Merwe en die aanranding van sy vrou Lettie op hul plaas naby Wolmaransstad.


Polisiewoordvoerder, Adele Myburgh, sê drie vuurwapens en 'n onbekende bedrag geld word vermis. Sy sê die groep het Sondag omstreeks 17:30 op die egpaar se plaas, Leeufontein, aangekom om skape te koop. Die egpaar is saam met dié groep na die skaapkraal. Myburgh sê Lettie is deur die vroue gedwing om die kluis in die plaashuis oop te sluit. 'n Man het later by hulle aangesluit. Die egpaar se seun was op die plaaswerf en het die vreemde mense gesien toe hulle op die vlug geslaan het. Hy het op sy ouers afgekom. Schalk was reeds dood. Hy is vermoedelik met 'n skerp voorwerp aangeval. Lettie word steeds in 'n hospitaal behandel.


Die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) sal na verwagting later vandag die vierde produksieskatting vir die 2019/20-seisoen se wintergewasse bekendstel. Daarmee saam sal die finale skatting vir somergewasse van die 2018/19-produksieseisoen vrygestel word. Wandile Sihlobo, landbou-ekonoom en hoof van navorsing by die landbou-sakekamer, Agbiz, sê die fokus is egter op die koringoes juis omdat produsente in die Wes-Kaap nou in die proses is om te stroop. Hy sê meer as 588 900 ton van die verwagte 1,8 miljoen ton is in die week van 15 November aan kommersiële silos gelewer. Sihlobo meen Suid-Afrika se invoer van koring kan met 14% op 'n jaar-tot-jaar grondslag na 1,5 miljoen ton toeneem weens die kleiner plaaslike oes wat verwag word weens ongunstige weerstoestande in die Wes-Kaap.  

EN

Die kwik gaan na verwagting vandeesweek in 'n groot deel van die sentrale binneland styg, met hittegolftoestande wat kan voorkom. Michael Nethavani, 'n voorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, sê bloedige warm toestande word in die sentrale westelike deel van die Vrystaat en Noordwes en die grootste gedeelte van die Noord-Kaap verwag.    



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.