On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Regering se gesloer om NK as rampgebied te verklaar, frustreer boere

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:48 Thu, 12 Dec 2019

Landbounuus-podcast: Regering se gesloer om NK as rampgebied te verklaar, frustreer boere | News Article

Die regering se gesloer om tot aksie oor te gaan om die Noord-Kaap in geheel as 'n rampgebied te verklaar, frustreer boere in dié provinsie wat in 'n krisis gedompel is, weens die erge droogte.


Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, sê die Noord-Kaapse premier, Zamani Saul, het sy versekering al etlike maande gelede aan landbou-organisasies gegee, dat dié rampverklaring plaasgevind het. Dit is egter nooit in die Staatskoerant gepubliseer nie, wat 'n noodsaaklike proses is wat gevolg moet word. Hy sê in terme van hulpverleningsprojekte, wat Agri Noord-Kaap hoofsaaklik koördineer, vorder hulle goed en daar is hulp uit verskeie oorde, veral in terme van veevoer, maar daar kan nie aan almal se behoeftes voldoen word nie. Jansen sê ook dít is 'n groot bron van frustrasie.  

OFM moedig luisteraars aan om betrokke te raak by die onderskeie droogtehulpprojekte, wat ten doel het om landbougemeenskappe te ondersteun. OFM het 'n webblad geskep waarop luisteraars inligting oor die droogtesituasie in die sentrale binneland en in ander provinsies kan verkry en skenkings kan doen. Skakels van organisasies, soos  Droogtehulp SA, is op hierdie OFM-blad beskikbaar. Gaan na ofm.co.za, kliek op die Agri Aid-banier op die tuisblad om toegang te verkry. Vir die jongste nuus volg die hutsmerk #LandbouHoop. 

EN

Daar is nie 'n ooraanbod van lewende hawe en veral spleethoewige diere in die mark nie. Dit is volgens Roelie van Reenen, hoof van die Beefmaster-groep se verskaffingsketting, wat meen daar is diere beskikbaar vir slag- en bemarkingsdoeleindes ná die onlangse uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo. Hy meen daar is nie 'n ooraanbod van diere nie, maar daar is 'n goeie aanbod. Daarmee saam sê hy gegewe goeie reën wat in groot gebiede oor in die land voorgekom het, was daar 'n paar skuiwe wat plaasvind het, maar daar was nie 'n skerp daling in die prys van diere nie.  Van Reenen meen betrokkenes in die rooivleisbedryf moet die uitbreking van bek-en-klouseer as 'n geleentheid sien om beter praktyke in Suid-Afrika in plek te kry.   Volgens hom moet Suid-Afrika daarmee saam meer fokus plaas op sy gesondheidstatus en biosekuriteit. 


OFM-nuus

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.