On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Agri-fokus hoogtepunte van 2019

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:34 Tue, 17 Dec 2019

Landbounuus-podcast: Agri-fokus hoogtepunte van 2019 | News Article

Die voortslepende droogte in die Noord-Kaap het skaapboere in 'n geldelike knyptang.


Die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) in dié provinsie se voorsitter, Fanie Dippenaar, sê die lewering van wol, veral in terme van die gewig daarvan, het afgeneem, maar die gehalte van die gelewerde wol is steeds goed.Hy sê op 'n onlangse vergadering van die NWKV was die oorwoë mening dat lede hul inkomste met 30% moet sny. Dit kom daarop neer dat die 0.25% van NWKV-lede se vrywillige bydrae, wat direk gekoppel aan hul inkomste is, ook besnoei word.

In nog ‘n storie: Die burgerregte-organisasie, AfriForum, en die vervoermaatskappy, Aramex, is nou aan boord en betrokke by die Boks-vir-'n-Boervrouprojek wat deur die Vroue-landbouvereniging van Wellington (VLV) begin is.  Die projek, waarin bederfgoedjies en basiese items soos toiletware en lekkernye, in kartonbokse verpak word, aan vroue op plase in die droogtegeteisterde gebiede soos die Karoo versprei word, het nou behoorlik vlam gevat. Skenkings stroom van regoor die land in. Die Uitvoerende Hoof van AfriForum, Kallie Kriel, sê AfriForum het aangebied om 'n verspreidingspunt in Pretoria te wees. Hy sê die welwillendheid van gewone mense is oorweldigend en mense se reaksie is ongelooflik en dit gee mens hoop vir die toekoms.  Die VLV het al oor die 10 000 bokse versprei. Daar is versendingspunte in Bloemfontein en Kimberley en 'n punt in die Boland. Juanita Loubser en Karen Barnard van VLV in Wellington is aan stuur van die Boks-vir-'n-Boervrou projek. Vir meer inlgiting besoek dié projek se Facebook-blad.

EN

Suid-Afrika se ekonomie presteer nie goed nie met besteding wat meer as die inkomste ontvang, is. Daarmee saam het Tito Mboweni, Minister van Finansies, slegs vlugtig na landbou en grond in sy mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR)in die Parlement verwys. Vermindering in besteding van R21 miljard in die 2020/21-boekjaar en R29 miljard in die 2021/22-boekjaar is by oordragte, goedere en dienste geïdentifiseer. Daarvoor word R150 miljard oor die volgende drie jaar benodig deur onder meer die loonrekening doeltreffend te bestuur en te besnoei.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.