On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Veilingspryse vir lewende hawe

───   11:39 Thu, 13 Feb 2020

Landbounuus-podcast: Veilingspryse vir lewende hawe | News Article

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf elke Donderdag op OFM se Before Dawn-program tussen 05:00 en 06:00 met Pieter Venter die weekliks veilingspryse, wat vir lewende hawe behaal is.


Derksen versprei dié inligting weekliks sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Derksen verskaf egter nie nou dié verslag nie, want daar was geen veilings vandeesweek  nie weens ‘n nasionale tydelike verbod op die samekoms van spleethoewige diere vanaf meer as twee bronne na ander bronne. Dit is ingestel nadat bek-en-klouseer in Limpopo uitgebreek het. Ondanks dít verskaf hy egter tendense in die bedryf ten opsigte van die prys van lewende hawe.  Derksen sê goeie reën en 'n verwagte goeie kommersiële mielie-oes kan die prys van speenkalwers 'n hupstoot gee.

EN

Dr Frikkie Mare, bekende landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, gee sy mening oor die algemene gevoel onder landbouers, rondom die instel van ‘n nuwe grondbelasting. Mare verduidelik ook die vir- en teenargumente vir grondbelasting. Die nuwe grondbelasting, wat ongelukkig vir grondeienaars, nie die ou een vervang nie, sal gehef word op die waarde van die eiendom. Mare verduidelik ook wat die voor- en nadele behels.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.