On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Departement stel fondse beskikbaar vir #Covid19-ingryping

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:00 Mon, 06 Apr 2020

Landbounuus-podcast: Departement stel fondse beskikbaar vir #Covid19-ingryping | News Article

Die Minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, sal na verwagting later vandag meer lig werp op R1,2 miljard wat beskikbaar gestel gaan word as 'n Covid-19-ingrypingsmaatreël.


Dié geld sal aangewend word om klein boere te ondersteun. Didiza sal na verwagting oor dié rampfonds uitwei tydens 'n aanlyn inligtingsessie in Pretoria later vandag. Intussen sê John Purchase, die uitvoerende hoof van die Landbousakekamer, Agbiz, daar is in die algemeen ten opsigte van die voedselwaarde-ketting nie baie uitdagings nie, maar daar is sommige grys areas ten opsigte van die regering se protokol vir die landboubedryf. Hy sê Agbiz hoop dat Didiza verdere aanpassings tydens dié inligtingsessie gaan aankondig.

EN

Die nasionale kragvoorsiener, Eskom, maan gemeenskappe, ook in die landboubedryf, om enige verdagte optrede deur Eskom-werknemers of kontrakteurs onmiddellik aan te meld.  Dit kom nadat 'n Eskom-werknemer na bewering betrokke was by 'n veediefstal-voorval op 'n plaas tussen Prieska en Britstown in die Noord-Kaap. Klaas Gouws, algemene bestuurder van Eskom in dié provinsie, sê dié gedrag is onaanvaarbaar en die korrekte stappe - rakende die voorval- sal gevolg word. Drie mans, is Vrydagmiddag deur 'n plaaswerker op die plaas Schilderspan in die veld betrap waar hulle met 'n Eskom-bakkie in die proses was om 'n vasgebinde skaap op te laai. Piet Vos, ondervoorsitter van Agri Noord-Kaap se Prieska veiligheidsektor-1, sê die plaaslike veiligheidsplan is in werking gestel en die vermeende veediewe is aangekeer en deur die polisie in hegtenis geneem.

 

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.