Agriculture
Landbounuus-podcast: Agri SA werk saam regering om varkgriep hok te slaan─── CHRISTAL-LIZE MULLER 11:34 Wed, 13 May 2020

Agri SA en sy geaffilieerde lede, Agri Oos-Kaap en die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasies (SAVPO), het onderneem om met die regering saam te werk om te verseker dat die uitbraak van Varkgriep (ASF) in die Amathole Distriksmunisipaliteit nie.
Die siekte het in ‘n kommunale gebied uitgebreek, wat dus bewegingsbeheer en biosekuriteit tussen varkkuddes bemoeilik. Volgens die Direkteur van Dieregesondheid by die Departement van Landbou, Dr Mpho Maja, word uitslagting van varke in hierdie gebied tans oorweeg. Die gebied is egter onder kwarantyn geplaas. SAVPO se hoof uitvoerende beampte, Johann Kotze, het bevestig dat dit noodsaaklik is om te verseker dat ‘n akkurate en doeltreffende kommunikasiestrategie gevolg word om enige potensiële vrese en wanpersepsies omtrent Varkgriep af te weer en om varkprodusente in die betrokke gebied in te lig oor hoe die siekte versprei en hoe hulle hul varke teen die virus kan beskerm. Beheermaatreëls sluit in die skeiding van alle besmette varke van gesonde varke so ver moontlik ten einde verspreiding van die siekte te beperk. Varkgriep het geen effek op mense nie, daarom is dit veilig om varkvleis te eet. Enige vleis en -vleisprodukte van besmette varke kan egter ander varke besmet. ‘n Beroep word gedoen op varkboere/produsente om oplettend te wees en enige skielike siektetoestand of vrektes onder hul varke onmiddellik by die plaaslike Staatsveeartsenykantoor aan te meld sodat spoedige stappe aangewend kan word om verspreiding van die siekte te verhoed.
EN
Daar is nog tyd om te registreer vir die Primêre Skool Trompsburg se WhatsApp-wildsveiling wat onderweg is. Louwrens Strydom, skoolhoof, sê die Trompsburg gemeenskap trek swaar in die grendeltydperk weens die Covid-19-pandemie en daarom het die plaaslike-landbouvereniging wild, karkasse en jagpakkette geskenk om geld in te samel vir die skool. Strydom sê daar is 31 lotte wat onder meer 42 Springbokke, 23 blesbokke, 'n swartwitpens en 'n gemsbok insluit. Strydom sê die bie-proses is maklik. 'n Lot sal op die Whatsapp-groep verskyn met 'n reserweprys. Deelnemers kan dan hul prys aandui. Die veiling het reeds begin maar mense kan steeds 'n WhatsApp aan Strydom stuur by 084-2529461.
OFM-nuus