On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Heropening van #Covid19-hulpverlening laat baie vrae ontstaan

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:21 Thu, 14 May 2020

Landbounuus-podcast: Heropening van #Covid19-hulpverlening laat baie vrae ontstaan | News Article

Die moontlike heropening van die aansoekproses vir die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling se Covid-19-hulp kan verreikende gevolge vir die hantering van die droogtesituasie in onder meer die Noord-Kaap inhou.


Dit is volgens Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, wat meen dit is kommerwekkend indien die regering aansoeke vir sy R1,2 miljard hulp ten opsigte van dié pandemie wil heropen as dié proses nog nie voldoende afgehandel is nie. Jansen sê daar is nog geen amptelike dokumentasie van die departement in dié verband ontvang nie, maar die heropening van aansoeke vir dié Covid-19-hulpverlening laat baie vrae ontstaan, soos welke begroting gebruik gaan word. Daar is ook vrae rondom watter gedeelte van die R1,2 miljard opgedeel is in die eerste proses, en gaan daar bykomend begroot word vir 'n volgende fase? Hy sê dít terwyl die voortslepende droogte die grootste faktor in die Noord-Kaap is. 

Daarmee saam sê Agri SA kosproduksie en die verligting van hongersnood moet nou deur die regering vooropgestel word. Dit kom nadat die Departemente van Landbou en Grondhervorming, en Landelike Ontwikkeling, nou amptelik as een departement saamgestel is. Die nuwe struktuur is vroeër vandeesmaand aan die Portefeuljekomitee van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling voorgehou. Dié departement het ook sy strategiese plan vir die volgende vyf jaar aan dié komitee bekendgestel. Willem de Chavonnes Vrugt, voorsitter van Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid vir Grond, waarsku egter die nuwe departement se mandaat is geweldig wyd en daar moet gewaak word daarteen om die landbou-aspekte af te skeep.

EN

Die Primêre Skool Trompsburg se WhatsApp-wildsveiling was 'n reuse-sukses. Louwrens Strydom, skoolhoof, sê al 31 lotte wat uit wild, karkasse en jagpakkette bestaan het, is verkoop en daar is sowat R90 000 se wins behaal. Dié skool het Woensdag die veiling aangebied om geld in te samel vir die skool wat weens die Covid-19-grendeltydperk nie kon voortgaan met hul normale geldinsamelingsprojekte nie. Strydom sê daar was 60 geregistreerde kopers. Hy sê daar is groot dankbaarheid vir boere van die Trompsburg-landbouvereniging wat al die lotte geskenk het. Volgens hom speel die landbougemeenskap 'n groot rol ten opsigte van die ekonomiese welstand van dié skooltjie. Hulle dra die primêre skool. Strydom sê die geld wat ingesamel is, gaan onder meer gebruik word om onderwysers se salarisse te betaal. Hy het sake-ondernemings in Trompsburg en omliggende dorpe geloof vir hul betrokkenheid by dié WhatsApp-wildsveiling.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.