On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Droogtetoestande duur voort in westelike deel van SA

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:25 Wed, 10 Jun 2020

Landbounuus-podcast: Droogtetoestande duur voort in westelike deel van SA | News Article

Droogtetoestande duur voort in die westelike deel van die land.


Dit is ondanks die meerderheid van die somerreënvalgebiede waar goeie gewasse, veld en veetoestande aangemeld is, nadat dit goed gereën het in 'n groot deel van die sentrale binneland. Reggie Ngcobo, woordvoerder van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, sê die gemiddelde vlak van groot damme in die meeste provisies oor die land heen styg. Daarmee saam dui die Suid-Afrikaanse Weerdiens aan dat bo normale reënval in dele van die winterreënvalgebiede en ander suidelike streke van die land verwag kan word.  Die temperatuur sal ook bo die normale wees met minimumtemperature wat waarskynlik onder normaal in die noordoostelike gedeeltes van die land sal wees.  Hy sê die verslag oor hongersnood- vroeë waarskuwingstelsels dui aan die graanoes in die suidelike gedeelte van Afrika stabiliseer oor die algemeen huishoudelike toegang tot kos.  Krisistoestande word in Zimbabwe, Mosambiek, en die Demokratiese Republiek van die Kongo asook Lesotho ervaar.  


EN


Intussen sê die landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher die voorspelde kouefront wat reeds die Wes- en Oos-Kaap in sy kloue het, kan voordelig wees veral in droogte winterreënvalgebiede. Gebiede soos die Wes-Kaap en ook gedeeltes van die Noord-Kaap het reën broodnodig. Hy sê in somergraangewas produserende gebiede in die binneland verloop die stroopproses goed. Laubscher sê dié koue toestande in die binneland hou voordele in vir ander bedrywe. Hy sê veral die kersiebedryf kan daarby baat. Dit nadat kersieboere nie verlede jaar optimale kersieproduksie-omstandighede kon bereik nie.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.