On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Gewonde vermeende plaasaanvallers steeds in hospitaal

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:13 Tue, 23 Jun 2020

Landbounuus-podcast: Gewonde vermeende plaasaanvallers steeds in hospitaal | News Article

Die polisie in die Vrystaat het nog nie bevestig of 'n vyfde verdagte in die aanval op 'n bejaarde egpaar, hul kleinkinders en skoonseun op hul plaas by Tweespruit in hegtenis geneem is nie.


Polisiewoordvoerder, Thandi Mbambo, sê intussen twee verdagtes watgewond is, is steeds onder polisiebewaking in 'n hospitaal in die provinsie. Dit kom nadat John Parr se skoonseun Sondag vyf mans gesien het wat na syskoonpa en skoonma, Pam, se plaashuis gegaan het. Volgens 'n ingeligte bron, wat verkies om anoniem te bly, is die Parr's se skoonseun buite die huis oorrompel. Hy is by die huis ingedwing. Na wat verneem word, is die Parr's se kleindogter na bewering geslaan. 'n Skietery het in die huis ontstaan. Twee van die verdagtes is noodlottig gewond. Nog 'n verdagte is ook gewond en per ambulans na 'n hospitaal vervoer. Volgens inligting is 'n vierde verdagte later in 'n bos 'n ent van die toneel gekry. Hy is ook gewond. 'n Vyfde verdagte, vermoedelik van Lesotho, het op die vlug geslaan. 'n Klag van huisroof, asook moord, word ondersoek. 

 EN

Intussen het Vrystaat Landbou (VL) hom sterk uitgespreek oor die toename van misdaad, veral veediefstal, in Suid-Afrika teen die Lesotho-grens. Francois Wilken, president van VL, sê die toename in oorgrens-misdrywe raak veral plase wat langs die Suid-Afrikaanse met Lesotho-grens is. Dit kom ná die aanval op John Parr, sy vrou, skoonseun en twee kleinkinders. Hy sê daar is 'n bestaande goeie samewerkingsverhouding tussen georganiseerde landbou en die  Suid-Afrikaanse polisie, maar die beperking op die Suid-Afrikaanse polisie om toegang tot Lesotho te kry is 'n reuse-probleem. Wilken sê dié kwessie is reeds verlede week na Agri SA verwys om uitklaring daaroor op nasionale vlak te kry. Wilken sê meer kan gedoen word ten opsigte van groter samewerking tussen die polisie en die weermag om dié grens te patrolleer.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.