On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Regering moet sluikhandel stopsit

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:43 Fri, 21 Aug 2020

Landbounuus-podcast: Regering moet sluikhandel stopsit | News Article

Die Suid-Afrikaanse regering sal nou die nodige stappe moet doen om die onwettige handel van tabak en drank, wat in die verbodtydperk weens die Covid-19-inperkingsregulasies plaasgevind het, stop te sit.


Dít is volgens dr. John Purchase, uitvoerende hoof van die Landbousakekamer, Agbiz, wat meen belanghebbendes in hierdie bedrywe het ernstige ekonomiese verlies gelei weens dié verbod, terwyl daar 'n drastiese toename in sluikhandel was. Hy sê daar is hoop dat dié bedrywe hul kop weer kan optel. Purchase sê sedert die ramptoestand en gepaardgaande grendeltyd in Maart aangekondig is, het Agbiz, in samewerking met ander bedryfsorganisasies, gereeld met die regering beraadslaag om die wynbedryf toe te laat om die 2020-oes te voltooi. Hy sê Agbiz se rol en betrokkenheid in die dialoog by die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad, Nedlac, het ‘n sleutelrol gespeel om die regering te oortuig van die verwoestende gevolge wat die verbod op drank en tabak op verskillende bedrywe gehad het.

Daarmee saam sê Wines of South Africa daar moet nou begin word om dié bedryf op te bou, nadat groot skade aangerig is in wynproduserende gebiede in die Wes- en Noord-Kaap. Dít is weens die drankverbod wat ingestel is sedert Maart vanjaar en vir 'n kort periode is die uitvoer van gebottelde Suid-Afrikaanse wyn ook verbied weens die Covid-19-pandemie. Maryna Galow, kommunikasiebestuurder van dié organisasie, sê daar word reeds na 'n rampherstelplan gekyk om geldelike hulp aan die bedryf te verleen. Sy sê die Suid-Afrikaanse wynbedryf produseer sowat 900 miljoen liter wyn per jaar, waarvan die helfte uitgevoer word en daar is wynprodusente wat nou ook voelers uitsteek om hul wyn na meer lande uit te voer. Sy sê al was daar in die afgelope tien jaar 'n afname van 105 000 hektaar na 93 000 hektaar wynproduserende grond in Suid-Afrika, is die wyn wat gelewer word 'n gehalte-produk.

EN

Potensiële Suid-Afrikaanse uitvoerders van lewende beeste na Botswana moet hulself vergewis van die nodige vereistes waaraan voldoen moet word om diere na dié land uit te voer. Dit kom nadat Botswana die verbod op die uitvoer van lewende beeste uit Suid-Afrika opgehef het. Reggie Ngcobo, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, sê daar is ooreengekom oor 'n gesondheidsertifikaat, veral in terme van die bek-en-klouseer-situasie in Limpopo. Ngcobo sê die meeste handelsvennote het die onderhandelde ooreenkomste vir veilige kommoditeite behou. Opgedateerde inligting is aan veeartsenykundige owerhede verskaf as versekering oor die voortgesette veilige handel in kommoditeite.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.