On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Minister skenk ontsmettingsmiddels

───   11:45 Tue, 01 Sep 2020

Landbounuus-podcast: Minister skenk ontsmettingsmiddels | News Article
Minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza

Die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, het Maandag 'n skenking ter waarde van meer as R1 miljoen aan die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, gemaak.


Didiza het 'n skenking van 10 000 liter ontsmettingsmiddels ter waarde van R1,3 miljoen gemaak. Die oorhandiging is by Onderstepoort, Pretoria, gedoen. Didiza het gesê aangesien die land steeds teen die Covid-19-pandemie veg, is dit vir elke individu noodsaaklik om hulle rol te speel en op enige wyse te help. Volgens Didiza sal die ontsmettingsmiddels versprei word na Suid-Afrikaanse skole in nood regoor die land. Motshekga het Didiza bedank vir die skenking en gesê dit sal die skole se gemeenskappe beskerm teen die Covid-19-pandemie.

EN

Dr Frikkie Mare, senior dosent en landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, gee vandag ‘n interessante mening oor veeprodusente se hanteringsfasiliteite. Volgens hom moet dit gemaklik wees vir ‘n produsent om sy fasiliteite soos bv drukgange, kopklampe, ens te kan aanwend sonder ’n gesukkel . Ander kostes wat in ag geneem moet word, soos die veiligheid van diere, jouself en jou werkers is ook belangrik. Mare meen ook dat veral as die fasiliteite begin oud word, kan dit kostes opjaag. As produsente kyk na nuwe krale, is daar dus baie faktore om in ag te neem.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.