On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Hills-moordverdagtes Desember terug in hof

───   ELSABÉ RICHARD 17:19 Mon, 16 Nov 2020

Landbounuus-podcast: Hills-moordverdagtes Desember terug in hof | News Article

Twee verdagtes wat tereg staan op die moord van die 56-jarige Hennenman-boer, Pieter Hills, en sy 26-jarige seun Eddie, sal op 9 Desember weer in die plaaslike landdroshof verskyn.


Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), Phaladi Shuping, sê die twee verdagtes het Maandag hulle borgtogaansoeke laat vaar. Dit volg nadat Hills na bewering op 5 November in sy huis op Swartpan-plaas deur 'n groep aanvallers oorrompel is. Eddie, sy seun, is na bewering ná sy tuiskoms van die gymnasium af gewond. Hills is na bewering in die kop geskiet en is deur owerhede op die toneel dood verklaar. Eddie is in die hospitaal opgeneem waarna hy breindood verklaar is. Hy het verlede week aan sy wonde beswyk. Intussen het sowat 400 lede van Vrystaat Landbou (VL) die hofverrigtinge bygewoon ter ondersteuning van die Hills-gesin. Die president van VL, Francois Wilken, sê die organisasie se missie is om misdaad en veral plaasmoorde onder die publiek se aandag te bring.

Veediefstal is 'n ernstige probleem wat dringende aandag verg. Dit is volgens die Minister van Polisie, Bheki Cele, tydens die bekendmaking van die tweede kwartaal se misdaadstatistieke. Cele het bekend gemaak dat in die drie maande van aanmelding, daar landwyd 7 339 veediefstal-gevalle was. Sowat 26 322 skape en meer as 14 000 beeste is tydens dié periode gesteel. Die minister het bygevoeg dat veediefstalsake 'n afname in alle provinsies getoon het behalwe in die Noord-Kaap. Intussen sê hy 'n taakspan is saamgestel om veediefstal in die Vrystaat te ondersoek en hy is vol vertroue dat dit resultate sal lewer. Dit kom nadat boere in Oktober vanjaar hulle kommer uitgespreek het oor veediefstal in die Paul Roux-, Senekal-, en Bethlehem-distrikte in die provinsie.

EN

Die sluitingsdatum vir aansoeke om staatsgrond te bekom sluit Maandag 16 November. Dit kom nadat 529 000 hektaar staatsgrond, wat neerkom op 894 plase, in sewe provinsies beskikbaar gestel is. Geen staatsgrond is aan die Wes-Kaap en Gauteng toegeken nie. Luidens die Minister van Landbou, Thoko Didiza, is die beskikbare staatsgrond vanaf 15 Oktober vanjaar beskikbaar gestel. Sowat 8 333 hektaar staatsgrond is aan die Vrystaat toegeken, terwyl 12 224 hektaar staatsgrond aan die Noord-Kaap toegeken is. Die Noordwes-provinsie het die meeste grond ontvang, aangesien 300 000 hektaar aan hierdie provinsie toegeken is.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.