On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Belowende seisoen vir rosyne

───   ELSABÉ RICHARD 10:47 Wed, 25 Nov 2020

Landbounuus-podcast: Belowende seisoen vir rosyne | News Article

Die nuwe rosyntjie-produksieseisoen lyk belowend.


Dit is volgens Ferdie Botha, hoof- uitvoerende bestuurder van Raisins SA. Botha sê die Clanwilliam-dam is vol en produsente is opgewonde ná ‘n twee jaar lange droogte wat hulle in die omgewing ervaar het. Verder sê Botha die prys van rosyntjies het ‘n daling getoon in die 2019/20-seisoen, maar dat pryse tans verder stabiliseer en ook sywaarts beweeg. Hy voeg by dat die Covid-19 pandemie ‘n groot invloed gehad het op die wêreld-ekonomie, sowel as die plaaslike ekonomie. Botha sê die rosyntjiebedryf hoop dat dit in die nabye toekoms pryse tot hoër vlakke sal kan bou. Hy verduidelik dat omdat die plaaslike rosyntjiebedryf gekoppel is aan die internasionale mark, het produsente teen internasionale pryse die voordele gesien van ‘n verswakte Rand.

EN

Die wynbedryf het vanjaar tydens die Covid-19 pandemie sowat R7 miljard verloor, maar ten spyte hiervan, het daar talle nuwe geleenthede vir die bedryf na vore gekom. Volgens Wanda Augustyn, woordvoerder vir Vinpro, het die pandemie ook nuwe bemarkingskanale ontsluit, en sê dat sosiale media ook ‘n groot rol gespeel het gedurende die nasionale inperkings. Augustyn sê baie kelders het herbesin oor die pad vorentoe en dat kostebesparingstategieë een van die aspekte was wat onmiddellik geïmplementeer is. Die belangrikheid van sosiale media het volgens haar blitsvinnig na vore gekom soos nuwe innovasies soos virtuele wynproeë, wynskoue en kompetisies aan die orde van die dag was. Augustyn voeg egter by dat die volgende 12 tot 18 maande moeilik sal wees vir baie wynkelders, en sê alhoewel verkope nou weer normaal is en hul moontlike stadige herstel in volume mag sien, bly waarde ‘n groot uitdaging en sal die bedryf nie sommer die R7 miljard wat reeds verloor is, kan opmaak nie.



OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.