On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Landbouminister besoek Vrystaat

───   ELSABÉ RICHARD 14:06 Thu, 26 Nov 2020

Landbounuus-podcast: Landbouminister besoek Vrystaat  | News Article
Agriculture, Land Reform and Rural Development Minister, Thoko Didiza

Kwessies wat die landbousektor in die Vrystaat in die gesig staar, sal Donderdag en Vrydag onder die loep kom.


Dit, aangesien die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, 'n twee-dae lange besoek na die provinsie onderneem. Die besoek van Didiza vorm deel van provinsiale besoeke deur haar departement om met boere, plaaswerkers en boereorganisasies in alle provinsies te vergader. Die departement se woordvoerder sê Didiza sal na verwagting tydens dié besoek by Sernick in Kroonstad aansluit en die Country Meat Butchery and Training Centre besoek. Die minister sal Vrydag boere toespreek waar opkomende boere ook sertifikate sal ontvang vir hul bydrae tot die landbousektor en voedselsekerheid in die provinsie.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingpryse vir lewendehawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Derksen sê lewendehawe se pryse is gewoonlik die beste hierdie tyd van die jaar, maar hy waarsku dat dit wil voorkom dat die land tans ‘n tekort aan vee het. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings onder 200kg teen R46,33 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R43,77 en speenkalwers oor 250kg het teen R39,07 per kg verkoop. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.





OFM-nuus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.