On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Goeie jaar vir graanproduksie

───   ELSABÉ RICHARD 17:37 Tue, 01 Dec 2020

Landbounuus-podcast: Goeie jaar vir graanproduksie | News Article

Die 2019/20-bemarkingsjaar vir graanproduksie was ‘n goeie een.


Volgens Luan van der Walt, ‘n landbou-ekonoom by Graan SA, volg dit nadat produsente verskeie uitdagings ervaar het. Hy deel dat die uitdagings droogtetoestande sowel as laer pryse gedurende goeie produksieseisoene insluit. Ten spyte hiervan sê Van der Walt dat produksie-omstandighede hierdie seisoen gunstiger was en daarom skat die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) dat die tweede grootste oes van sowat 15.4 miljoen ton hierdie seisoen geoes sal word. Hy sê produsente het ook 'n baie goeie prysjaar gehad. As daar gekyk word na aanplantings vir die nuwe seisoen, sê hy aanplantings het goed gevorder vergeleke met die afgelope vyf jaar.

EN

Ná 'n noemenswaardige herstel tot 51 punte in die derde kwartaal van 2020, het die Agbiz/IDC Agribusiness Confidence Index (ACI) in die vierde kwartaal gestyg tot 61, wat die hoogste vlak is sedert die derde kwartaal van 2014. 'n Vlak bo die neutrale 50-punte impliseer dat landboubesighede optimisties is oor die saketoestande in Suid-Afrika. Luidens Wandile Sihlobo, hoofekonoom van die Landboubesigheidskamer, Agbiz, weerspieël die verbetering in die vierde kwartaal twee belangrike faktore. Eerstens toon verskillende hoëfrekwensiedata dat die meeste van die landbou- en landbousakesektore in Suid-Afrika relatief goed presteer het in 'n jaar van ongewone verhoogde onsekerheid. Tweedens is daar sterk optimisme oor die 2020/21-produksieseisoen as gevolg van die verwagte hoër reënval in meeste streke van die land. Sihlobo sê hierdie vierde kwartaal-opname dek landboubesighede in alle landbousektore regoor Suid-Afrika.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.