On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: R1 miljard opsygesit vir bestaansboere

───   ELSABÉ RICHARD 14:06 Mon, 07 Dec 2020

Landbounuus-podcast: R1 miljard opsygesit vir bestaansboere  | News Article
Minister Thoko Didiza

Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het R1 miljard opsygesit om bestaansboere regoor die land te help.


Minister Thoko Didiza sê Covid-19 het 'n groot invloed op hierdie boere. Sy voeg by dat haar departement voorkeur aan vroue in die sektor sal gee. Die minister het die media Maandagoggend in Pretoria hieroor ingelig. Didiza het bygevoeg dat die fondse in Oktober deur president Cyril Ramaphosa aangekondig is met die doel om werk in die landbousektor te skep en te onderhou. Aansoeke vir die pakket word op Donderdag 10 Desember geopen en sal op 22 Desember sluit. Die hoeveelheid ondersteuning sal wissel tussen R1000 en R9000, afhangende van die produksieskaal. Aansoeke is gratis en aansoekvorms kan verkry word deur die kode *134*4536# vanaf enige selfoon te skakel.

EN

Baie hoë vlakke van waterstremming of droogtefrekwensies raak ongeveer 1,2 miljard mense wat wêreldwyd in landbougebiede woon. Volgens 'n nuwe verslag van die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie in Suid-Afrika, ervaar net meer as 80% van die besproeiingsgewasse groot of baie hoë waterstremming, terwyl 20% van die droëland-gewasse, wat ongeveer 60% van die land uitmaak, 'n hoë of baie hoë droogtefrekwensie ervaar. Die verslag, 'Toestand van voedsel en landbou 2020', het 'n beroep gedoen op beleid wat 'investering in die verhoging van waterproduktiwiteit' aanspreek. Dit het bygevoeg dat dit gedoen moet word op 'n manier wat die omgewing in ag neem, asook billike en inklusiewe toegang tot water bied. Die belangrikheid van waterbestuur was veral sigbaar in die voortslepende droogte in die Noord-Kaap. Terwyl sommige dele van Suid-Afrika hierdie seisoen goeie reën gekry het, was die Noord-Kaap steeds in die greep van droogte. Volgens Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, ervaar 50% van die provinsie steeds die uiterste droogte.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.