On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Persone met groen lisensies kan wapens herlisensieër

───   ELSABÉ RICHARD 13:50 Mon, 14 Dec 2020

Landbounuus-podcast: Persone met groen lisensies kan wapens herlisensieër | News Article

‘n Bekende en kundige in die wapenbedryf, Zane Koeberg, sê diegene wat in besit van groen lisensies is kan nog aansoek doen om hernuwing van hierdie lisensies.


Hy verduidelik dat hierdie individue aanvanklik moes deelneem aan die huidige amnestieproses, maar die polisie het toe daarteen besluit en kan hulle nou net hul wapens herlisensieër. Koeberg doen 'n beroep op lede van die publiek wat 'n geldige wapen eienaar is om vervaldatums in ag te neem.

Trekkerverkope het in November aansienlik toegeneem in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Die jongste verslag wat deur die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Landboumasjinerie (SAAMA) bekend gemaak is, het aangedui dat 593 trekkers in November verkoop is, wat 39% hoër is as die 427 eenhede wat in dieselfde maand verlede jaar verkoop is. Die totale verkope van stropers vir November was vier, wat een meer is as die drie eenhede wat in November verlede jaar verkoop is. Volgens Karel Munnik, voorsitter van SAAMA, weerspieël die voortdurende neiging van toenemende verkope die positiewe sentiment op die mark. Hy voeg by hierdie neiging word ook bevestig deur die vertrouensindeks vir landboubesighede, wat op sy hoogste vlak in meer as ses jaar is. Daarmee saam sê hy die algehele ramings vir die 2020-kalenderjaar lyk nou beslis beter, met verkope wat waarskynlik byna 10% hoër sal wees as in 2019.

EN

Verskeie organisasies en individue wat bygedra en skenkings aan boere gedoen het wat in nood verkeer weens wegholveldbrande in die Wes-Vrystaat, is hierdie naweek op 'n geselligheid vir hulle hulp bedank. Johann Steenkamp, takvoorsitter van AfriForum op Boshof sê hierdie geleentheid het boere ook in staat gestel om diegene wat skenkings gedoen het, te ontmoet. Die dankie-sê geselligheid, wat deur Afriforum gereël is, het Saterdagmiddag by Makhulu Game Lodge & Safari's in Boshof in die Vrystaat plaasgevind. Hierdie funksie volg nadat boere in die Hertzogville-, Boshof-, en Hoopstad-distrikte se weivelde, lewendehawe en eiendom in Oktober deur wegholveldbrande verwoes is.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.