Agriculture
Landbounuus-podcast: Swaar reën vir sentraal Suid-Afrika voorspel─── ELSABÉ RICHARD 16:10 Mon, 04 Jan 2021
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) waarsku dat swaar reën neerslae Maandag en Dinsdag in sentraal Suid-Afrika verwag kan word.
Weervoorspeller Siyabonga Mpati sê as daar gekyk word na reënval vir die Vrystaat, kan swaar reën verwag word - veral oor die Westelike dele. Hy voeg by dat meer as 20mm reënval in 24uur in hierdie dele verwag word. Mpati sê verder daar onstaan ook 'n moontlikheid van sterk wind oor die Westelike dele van die provinsie. Mpati sê wat die Noord-Kaap aanbetref dui hul modelle tans aan dat tropiese vog uit Namibië en Botswana swaar reënbuie tot gevolg sal hê. Daarmee saam sê hy bestaan daar nie 'n moontlikheid van ernstige weerstoestande in Noordwes nie.
EN
Hulp het van verskeie provinsies gekom toe wegholveldbrande in die die Hertzogville-, Boshof-, en Hoopstad-distrikte in die Wes-Vrystaat verwoesting gesaai het. Talle organisasies en individue het hulp aan boere in nood verleen toe veldbrande in Oktober verlede jaar in dié distrikte ontstaan het. Lazyja Steyn, wat deel is van ‘n groep motorfietsryers wat teen plaasmoorde ry, sê dié organisasie bied ‘n helpende hand vir boere wat in nood verkeer. Dié groep, wat bekend staan as 911 Riders, het ook uitgereik na boere in dié geaffekteerde distrikte. Steyn - wat in Nelspruit, Mpumalanga, woonagtig is - vertel dat sy van die brande geleer het toe sy ‘n berig op Facebook gelees het. Sy voeg by dat sy die groep ingelig het oor die gebeure, waarna daar voerballe bymekaar gemaak is om te skenk. Steyn sê ten spyte van wat gebeur het en die verliese wat hierdie boere gely het, hulle steeds postitief is.
OFM-nuus
